YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 13 OF 14

“Geseën met hoop” Dis so maklik vir ons as gebroke en dikwels onseker mense om bang te word. Daar gebeur immers heeldag dinge waaroor ons nie altyd beheer het nie. Wanneer jy soms twyfel, onseker van jouself is en net bang is vir ’n klomp dinge, is dit goed om weer die verhale van God se trou in die Woord te oordink. Verhale soos dié van Josua: Sonder enige geweld het God die stad Jerigo in sy volk se hande oorgegee (Jos. 6). Toe Josua-hulle ekstra daglig-tyd nodig gehad het om die sterk stad Gibeon in te neem, het God die son summier laat stilstaan (Jos. 10). So het God Josua deur tientalle ander “onmoontlike” oorwinnings gelei (Jos. 6). Soos met die Josua-verhaal is ook die res van die groot Geskiedenisboek vol bewyse van hoe God bang en eenvoudige mense met krag, hoop en wonderwerke geseën het. Al wat nodig was, was geloof, gehoorsaamheid en gewilligheid om te doen wat God vra. GEDAGTE VIR DIE DAG: Daar waar God by mense is, hoef hulle nie bang te wees nie. Jy ook nie! GEBED: Ek is nie bang nie, Here. U is mos in beheer. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 12Day 14

About this Plan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy