YouVersion Logo
Search Icon

Intensionele LeierskapSample

Intensionele Leierskap

DAY 3 OF 9

3. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Menslikheid - Empaties luister - Lojaliteit en Gemeenskap

Een van my mentors, Alex McManus, het vir my gesê: "Jesus het aarde toe gekom om die wêreld weer menslik te maak.” Jesus het vir ons kom wys wat dit beteken om mens te wees. As volgelinge van Jesus verstaan ons dat ons mense lei en nie robotte nie. Ongelukkig veroorsaak die besigheid en druk van die mark dat ons hierdie perspektief verloor en ons sit mense onder druk om die resultate te behaal wat ons nodig het. As jy met intensie lei, is jy altyd daarvan bewus dat jy met mense werk wat na God se beeld geskape is en waarvoor God baie lief is.

As leiers kan ons ons werksplek weer menslikheid gee deur empaties na mense te luister. Luister na wat Jakobus in die eerste hoofstuk sê: "Wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie." Die eerste stap om meer te luister en om ons luistervermoë te verbeter, is om op te hou praat. Tweedens moet ons weer ons nuuskierigheid aanwakker. Hou op dink: “Ek het my mense uitgepluis, ek ken hulle goed genoeg.” Dít is wanneer jy hulle begin etiketteer en hulle onmenslik begin behandel. Stel eerder belang, wees nuuskierig oor wie hulle is en wat hulle het om te bied.

Die impak van empaties luister, sal ʼn kultuur van lojaliteit en gemeenskap wees. As ons ruimtes skep waar mense luister, sal mense vir mekaar omgee en toegewyd wees aan mekaar.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege beginsels beoefen wat betrokkenheid sal dryf en volhoubare winsgewendheid sal laat groei. Hierdie beginsels is in die Bybel, en hulle help jou om met ʼn nuwe doelgerigtheid te lei.

More