YouVersion Logo
Search Icon

Intensionele LeierskapSample

Intensionele Leierskap

DAY 2 OF 9

2. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Sielkundige Veiligheid - Openhartigheid - Deursigtigheid

Was jy al ooit in ʼn vergadering waar die waarheid duidelik is, maar niemand waag om dit hardop te sê of om daaroor te praat nie? Hoekom gebeur dit? Volgens Professor Amy Edmondson, van Harvard Business School, is die rede vir hierdie verskynsel dat ons voortdurend besig is om ons interpersoonlike risiko by die werk te beoordeel. Daarom is een van die belangrikste take van ʼn leier wat ʼn volgeling van Jesus is, om Sielkundige Veiligheid te skep. Ons moet ʼn omgewing skep waar mense nie vergelding vrees as hulle praat nie, want anders sal jy nooit die waarheid hoor nie.

Kyk hoe Jesus hieroor praat in Matteus 20: "Julle weet in hierdie wêreld tirannisseer die maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle. Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees.”

Om Sielkundige Veiligheid te skep, moet jy openheid beoefen. Openheid beteken dat ek mense toelaat om hulle mening te deel sonder dat daar vergelding sal wees. Ek hou nie die boodskapper verantwoordelik vir die boodskap wanneer ek nie van die boodskap hou nie. As jy met die praktyk van openheid aanhou, sal jy ʼn kultuur van deursigtigheid skep. ʼn Kultuur waar niemand inligting hoef weg te steek nie. Met só ʼn kultuur sal jy vinnig hoor wat regtig in jou organisasie of besigheid gebeur.

Day 1Day 3

About this Plan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege beginsels beoefen wat betrokkenheid sal dryf en volhoubare winsgewendheid sal laat groei. Hierdie beginsels is in die Bybel, en hulle help jou om met ʼn nuwe doelgerigtheid te lei.

More