YouVersion Logo
Search Icon

Ek Het U Nodig!Sample

Ek Het U Nodig!

DAY 5 OF 7

GEKIES EN BEMIN

Here, my lewe is maar doodgewoon. Ek kry nie baie lof of aandag nie. Ek voel dikwels of niemand my waardeer of selfs net raaksien nie. Diep in my hart wonder ek of ek ooit ’n verskil maak. Is ek uniek of spesiaal? Wat is my regte waarde?

Wanneer ek so voel, sê U vir my ek is uitgekies. Gekoester. Geliefd. In u groot liefde het U u Seun gegee sodat ek die ewige lewe kan verkry. U luister na elke gebed, U weet wat ek nodig het, U is altyd by my. Ek behoort aan U. Dankie dat ek in U waarde het en dat my lewe saak maak.

Amen.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Ek Het U Nodig!

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuwe inspirasie vir jou gesprekke met God gee wanneer jy sy krag en leiding die nodigste het.

More