YouVersion Logo
Search Icon

10 Kernwaarhede Van DissipelskapSample

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAY 6 OF 10

Kernwaarheid 6 - Ons neem ons gedagtes GEVANGE, en onderwerp dit aan die wil van God

Ek was nooit self in die weermag nie, maar een ding wat my altyd opval wanneer ek met mense praat wat daar was, is hoe die weermag jou geleer het om op 'n spesifieke manier te dink. Jy het gedink soos 'n soldaat, want dit was wat hulle jou geleer het om te doen, want dit was wat jy was! Net so wil God vir elkeen van ons leer hoe om soos 'n kind van God te dink, want dit is wat ons in Christus is.

Dit klink eenvoudig, maar ons menslike denkwyses is tog so deel van ons!

Wanneer ek en jy ‘n keuse gemaak het om God te volg, is die duiwel nie gelukkig daarmee nie. Hy wil nie hê dat ons God moet dien nie, daarom val hy ons aan. Waar? In ons gedagtes! Gedagtes soos:

“Jy sal dit nooit maak nie! Jy het dit net nie.”

“Jy sal nooit hierdie verslawing kan breek nie.”

“Jy is nie goed genoeg nie! God sal jou nooit liefhê nie!”

"God sal nooit vir jou genoeg voorsien nie."

“Jy is te sondig vir God! Hoe kan jy sy kind wees? Kyk na jou verlede!”

Hierdie soort gedagtes is nie in pas met die waarheid in Jesus nie! Hy het juis vir hulle gekom, vir hulle wat vasgevang is!

In 2 Korintiërs 10:4-5 word ons denkwyses met vestings vergelyk, en leer ons dat God vir ons wapens gee om hierdie denkwyses (vestings) te vernietig wat nie in pas is met die kennis van God nie. 'n Vesting in die antieke tye was 'n stad wat omring was met 'n muur. Net soos wat die mure afgebreek moes word om die stad in te neem, so moet ons denkwyses wat nie in pas is met die Woord van God nie, eers afgebreek word, en dan in pas gebring word met die Woord van God.

Kan jy nou sien hoe belangrik dit is om te weet wat die Bybel leer?

God wil hê dat jy in sy oorwinning leef. Kies vandag om jou gedagtes gevange te neem, en onderwerp dit aan die Koning van konings!

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Day 5Day 7

About this Plan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .

More