Die Here Is My HerderSample

Ken eers jouself!
Martin Luther King het geskryf dat ons nie weet wat om met ons eie pyn te doen nie. Hoe is dit dus moontlik om te weet wat om met ander mense s’n te doen? Ons weet nie wat om met ons eie swakhede of kwesbaarheid te doen nie, behalwe om dit weg te steek of voor te gee dat dit nie bestaan nie. Hoe kan die swakhede in ander mense by ons byval vind as ons nie eens ons eie swakhede aanvaar nie?
Ons elkeen moet onsself met ons eie swakhede en broosheid konfronteer sonder om onsself daaroor te verag.
’n Mens is nie ’n swakkeling wanneer jy jou eie weerloosheid in die oë kyk en jou swakhede erken nie. Eers wanneer jy jou eie breekbaarheid en pyn aanvaar, kan jy dit eerlik voor jou oopsprei — vir ander om te sien. Dit is ’n verligting om jou skanse te kan laat sak en te kan sê: "Só lyk ek."
Wanneer ’n mens erken dat jy nie in beheer is nie, skuif jou hoop weg van jouself. En jy plaas jou vertroue op God.
Here, dit is ’n verligting om al my swakhede voor U neer te sit en om voluit in u lig te kan lewe. Amen
Scripture
About this Plan

Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
More
Related Plans

Zechariah: Hope for God's Presence | Video Devotional

It's Okay to Worry About Money (Here's What to Do Next)

Renew Your Mind

Spicy - Faith That Stands Out

Sleep in His Presence: Nightime Devotional for Moms

Celebrate

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

BEMA Liturgy I — Part D
