YouVersion Logo
Search Icon

7 Dinge Wat Jou Vreugde SteelSample

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

DAY 5 OF 8

Vreugde-steler Nommer 4: Bekommernis

Bekommernis is nog iets wat ons van ons vreugde beroof. Opkomende gebeurtenisse, finansiële spanning, ‘n stram verhouding, frustrerende werk en so kan ons maar opnoem. Almal van ons kan dinge in die lewe kry om ons oor te bekommer. Maar wat baat dit ons om ons te bekommer? Bekommernis is nutteloos. Dit is soos om jou motor se resolusies op te jaag – jy maak ‘n groot geraas, maar jy gaan nêrens heen nie. 

Bekommernis is en sal altyd ‘n fatale siekte van die hart wees. Want die begin van bekommernis is ‘n teken van die einde van geloof. Bekommernis bevraagteken God se vermoë om te voorsien en te wil voorsien.

Wat is die teenmiddel?

Paulus het die Filippense aangemoedig om al hulle kommer op die Here te laai. En raai wat? Dit werk steeds.  

Fil. 4:6 “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Paulus het twee belangrike woorde in hierdie vers ingesluit wat spesiale aandag nodig het en dit is die woorde: “met danksegging.”

Dankbaarheid is een van die wonderlikste gesindhede en deugde waarmee ons kan lewe. Dankbare mense is geneig om meer empaties te wees en om makliker te vergewe as ander. Mense wat ‘n dankbaarheidsjoernaal hou is geneig om ‘n meer positiewe uitkyk op die lewe te hê. Dankbare mense is minder jaloers, naywerig en materialisties. Dankbaarheid verbeter jou selfbeeld, verhoudings en selfs slaap. As dankbaarheid in pil vorm gekom het, sou ons dankbaarheid gesien het as ‘n wondermiddel. Dis nie verbasend dat God se terapie vir bekommernis ‘n groot dosis dankbaarheid insluit nie. 

Terwyl jy na al jou seëninge kyk, let bietjie op wat gebeur. Angstigheid pak sy tasse en glip by die agterdeur uit. En bekommernis weier om die hart te deel met dankbaarheid. Sê dit dus so dikwels as moontlik: “Dankie, Here”. 

Gebed:

Here, baie dankie vir al die baie dinge wat ek reeds het. Help my om my fokus te behou op dit wat goed en mooi is en met waardering te leef vir al die goeie gawes uit u wonderbare Hand. 

Day 4Day 6

About this Plan

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel

Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.

More