Hoop Vir Elke MôreSample
’n Vaste vertroue
Dit sal baie dwaas wees om te glo dat die enigste werklikheid dié dinge is wat ons kan sien en aanraak. Ons wéét hoe lief ons vir die mense naaste aan ons is. Ons hoop, toekomsdrome en idees is belangrik. Die heelal is propvol ongelooflike wonders: van die dieptes van die see tot in die verste uithoeke van die ruimte. Dis die dinge wat ons nie kan sien nie wat ons hart en verbeelding aangryp.
Geloof is om in God te glo selfs al het ons Hom nog nooit met ons eie oë gesien nie. Die tekens van sy bestaan en sy ongelooflike mag is oral rondom ons: Ons ervaar hoop en vreugde in moeilike tye. Sy wysheid lei ons in die keuses wat ons maak. Sy Gees leer ons om tussen reg en verkeerd te onderskei en om meer soos Jesus te wees. Elke gebed wat beantwoord word, is bewys dat Hy luister en omgee. Elke keer wanneer ons heelhartig na Hom soek, sál ons Hom vind (Jeremia 29:13).
Het jy vertroue in God se liefde? Glo jy dat Jesus van die hemel af gekom het om ons te red en vir ewig aan Hom te laat behoort? Ook al voel jou geloof klein en al stry jy teen twyfel, kan jy bly bid. Die Here sal vir jou gee wat jy nodig het om weer jou hoop en vertroue in Hom te herstel!
Here, ons wil graag glo sonder om te sien. Laat ons asseblief heelhartig op Jesus vertrou – nou en vir altyd. Amen
Scripture
About this Plan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More