Hoop Vir Elke MôreSample
Veilig by Hom
Babavoëltjies is piepklein en broos. Hulle kan nie vlieg en van gevaarlike roofdiere ontsnap nie. Hulle kan nie self gaan kos soek of warm bly nie. Hulle het hulle ma’s se sterk vlerke nodig om hulle te beskerm.
Indien jy ʼn ouer is, sorg jy waarskynlik soos ’n mammavoël vir jou kinders. Jy maak seker hulle het klere vir elke seisoen, gesonde kos om te eet en ’n snoesige bed om in te slaap. Jy pas hulle op en maak seker dat hulle veilig is. Omdat jy hulle so liefhet, doen jy alles in jou vermoë om hulle te beskerm. Nogtans kan jy hulle nie teen alle slegte dinge beskerm nie. Maats kan hulle gevoelens seermaak. En ten spyte van sitplekgordels, valhelms en verkeersreëls kan hulle seerkry of bang wees.
Ons enigste ware hoop kom van ons almagtige God. Hy is ons veilige skuilplek. Hy hou ons styf teen Hom vas en oordek ons met sy vlerke. Ons hoef nie bang te wees wanneer ons by God skuil nie. Hy sal ons vertroos en laat rus wanneer ons moeg is. Hy is getrou; Hy hoor ons gebede en sal vir ons alles gee wat ons nodig het. Wanneer ons swak is, is Hy sterk.
Here, hou ons asseblief veilig onder u vlerke. Amen
Scripture
About this Plan
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.
More