Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Gee ’n speelse sprong
Joan Erikson skryf die volgende oor hoop: Die woord "hoop", volgens geleerdes, het ontstaan uit die korter woord "hop" tot 'n "sprong" lei. Op sy beurt sê Plato die spronge van jong wesens vorm die kern van speel. So sal dit wees. Om te hoop beteken dan om 'n speelse sprong die toekoms in te neem. Dis om 'n sprong van ferm grond af te waag. Om in vertroue te speel. Belê energie, gelag en een goeie sprong wat tot 'n volgende lei — Dans dan verder. (Vertaal uit Engels)
Om te hoop, sê sy, is om ’n speelse sprong te gee. Te waag. Om te spring sonder om te sien. Met energie. Vreugde. Wetende dat dit aansteeklik is vir ’n volgende sprong. Vir ander. En dit dan ’n dans raak.
Kies vandag om dit te waag om ’n sprong na vreugde en hoop te maak. En dit te waag om die goeie en mooi te sien omdat jy saam met jou God dans.
VADER WAT VREUGDE BRING, EK WIL SAAM MET U WAAG OM SPEELS TE LEEF.
Scripture
About this Plan

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.
More
Related Plans

Delight: Devotions for Finding Joy

The Widow's & Widower's Walk

Building a Strong Godly Life

Yahweh: God’s Name

One New Humanity: Mission in Ephesians

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work
