Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Jy’s deel van God se Hoop-lyn
Het jy al daaraan gedink dat jy integraal deel is van God se groot storielyn van die lewe? Dat Hy lank gelede jou karakter uit die pen van sy hart geskep het en aan jou die geleentheid gee om saam te skryf aan sy verhaal van hoop vir hierdie wêreld?
Wanneer hierdie gedagte regtig insink, voel ’n mens amper stom. Onbevoeg om enigsins deel te wees van ’n heilige God se manier van doen. Tog is dit die waarheid dat Hy nog deur al die eeue vir gewone mense soos Moses, Josua, Ester, Maria, Petrus, Paulus … mense soos ek en jy, karaktereienskappe kan gee wat ander kan lei, sy liefde kan demonstreer en sy soort hoop kan uitdeel.
Onthou: Jy is deel van die Groot Verhaal van Hoop. Hou daarom vas aan jou Outeur. En gaan skryf voort aan sy verhaal van hoop vir hierdie wêreld.
SKRYF ASSEBLIEF VOORT AAN MY LEWE, GROTE SKEPPER EN ONDERHOUER.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.
More
Related Plans

Delight: Devotions for Finding Joy

The Widow's & Widower's Walk

Building a Strong Godly Life

Yahweh: God’s Name

One New Humanity: Mission in Ephesians

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work
