YouVersion Logo
Search Icon

VriendskapSample

Vriendskap

DAY 25 OF 43

Bedreigings vir Bybelse Vriendskap

Lees: Efesiërs 6:12, Spreuke 11:9; Spreuke 11:13

SOAP: Efesiërs 6:12

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 


Oordenking

Ons kan probeer om onsself teen valse vriende te beskerm, maar ons moet ook onthou wie ons werklike vyand is. Daar is mense in ons lewens wat sal probeer om verdeeldheid en onmin te saai, maar hulle is nie die vyand nie — hulle is gebroke en sondige mense, net soos ons. Die ware stryd is teen die bose geeste in die lug. God beskerm ons en veg vir ons, maar die voortgesette geestelike oorlog hou aan om 'n invloed op ons lewens te hê. Een van die maniere waarop dit in ons lewens manifesteer, is in ons verhoudinge.

Israel het dikwels fisiese vyande gehad waarteen hulle moes veg, maar ons stryd is nie teen mense nie. Ons stryd is teen die mag van satan, wat baie werklik is. Wanneer ons vir vrede en geregtigheid in ons gemeenskappe veg, kan ons ander mense so maklik as ons grootste vyande sien. Dan gee ons vir onsself toestemming om enige iets wat ons wil doen om hulle te oorwin, te regverdig. Selfs om te sondig. Ons moet egter streef na versoening en vergifnis van diegene wat iets verkeerd aan ons gedoen het, selfs wanneer hulle die gevolge van hulle aksies moet dra.

Gebed

Here God, help my onthou wie die ware vyand is. Beskerm my, O Heer, van die magte van die duiwel wat steeds vandag in die wêreld werksaam is. Gee my geleenthede om liefde aan die vriende wat my seergemaak het te betoon en om aan hulle u versoenende liefde te wys. Amen.

Day 24Day 26

About this Plan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.

More