VriendskapSample
Valse Vriendskappe
Lees: Spreuke 17:9, Romeine 16:17-18, 2 Timoteus 3:2-5
SOAP: Romeine 16:17-18
"Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense."
Oordenking
Die vroeë kerk en ons kerke van vandag staar almal dieselfde probleem in die gesig: mense wat net daarin belangstel om hulleself te dien. Tweespalt en verdeeldheid is die resultaat wanneer mense nie belangstel om aan 'n gemeenskaplike doel te werk nie, maar eerder daaraan wil werk om hulle eie behoeftes en begeertes te bevredig. Hierdie mense sit hulle beste voetjie voor en sê en doen al die regte dinge, maar diep binne is hulle net gefokus op hulle eie status of mag.
Ons mag dalk vriende hê wat op dieselfde manier te werk gaan, deur 'n valse gesig van vriendskap op te sit, terwyl hulle dit nie regtig bedoel nie. Alhoewel hierdie verse die kerk teen valse leerstellings waarsku, wys dit ook na die algemene menslike neiging om ons eie belange bo alles te stel — en om bedrieglike woorde te gebruik om dit weg te steek. Ons wil nie graag die soort vriende wees wat ander op 'n gelyke wyse behandel nie -— ek sal goedgunstig wees teenoor jou net wanneer ek weet dat jy dieselfde aan my kan doen — maar ons moet onsself ook beskerm teen sulke vriende. Hierdie valse vriende kan onenigheid tussen ware vriende veroorsaak deur te skinder en konflik aan te hits. Ons kan vir God vra om vir ons wysheid te gee om ons vriendskappe teen onenigheid en valsheid te beskerm.
Gebed
O Heer, help my om my vriendskappe akkuraat te beoordeel en al my vrae en bekommernisse hieroor aan U te bring. Gee asseblief vir my goeie vriende wat die waarheid praat. Amen.
About this Plan
Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeenskap te wandel. Ons kan nie sonder mekaar oorleef nie. Die manier waarop ons vir mekaar omgee en mekaar se laste dra, toon Christus se liefde aan die wêreld.
More