5 Minute Saam Met GodSample

Wat jaag jou?
’n Kaapse volstruis het die internet aan die gons gehad toe dit kort voor die Kaapstadse fietstoer ’n groep fietsryers tydens ’n oefenrit in die Kaap de Goeie Hoop-natuurreservaat agterna gesit het. ’n Volstruis is in staat om ’n mens erg te beseer of selfs dood te skop, en die fietsryers was nogal op hul senuwees – veral omdat hulle in ’n doodloopstraat langs die see was. Gelukkig het die volstruis net so skielik as wat dit verskyn het, weggedraai en ’n groep baie verligte fietsryers agtergelaat. Binne ’n paar uur nadat die video op YouTube gelaai is, het ’n halfmiljoen mense reeds daarna gekyk.
In ons lewens voel dit soms ook vir ons of ’n volstruis ons jaag. Ons maag trek op ’n knop. Die uitdaging oorheers ons gedagtes heeltemal en stroop ons van vrede. Ons klou desperaat aan ons “fiets” en trap vir ’n vale om te oorleef. Jou “volstruis” is dalk jou finansies wat druk, jou huwelik wat verbrokkel, jou gesondheid wat sukkel of selfs die moontlikheid dat jy jou werk kan verloor.
Sonder vrede word ons oneffektief. Ons sukkel om goeie besluite te neem, raak makliker ongeduldig en ons sukkel om God se stem te hoor. Dit is presies waar die vyand ons wil hê.
In plaas daarvan om soos die fietsryers naarstig te trap en te hoop die volstruis verdwyn, is dit soms nodig om doelbewus te stop. Klim van jou fiets af en gaan staan voor God. Skuif jou fokus doelbewus na God. Hy is die Bron van ons vrede en wysheid. Hy is die een wat ons elkeen se toekoms ken. Kom ons raak ’n slag stil en laat Hom toe om te werk. Só kan ons dalk ook verstom staan oor hoe die dreigende “volstruis” in sy spore omdraai en in ’n ander rigting wegdraf.
God is die een wat ons elkeen se toekoms ken.
Scripture
About this Plan

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer jy deur geloofsoë kyk, sal jy God reg langs jou sien! Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.
More
Related Plans

Fearless in Battle

Dear Black Woman, You Are Not Alone in Your Grief

I Said Yes to Jesus: A 5-Day Journey to Take Your Next Steps in Faith by Youth Alive Australia

Practical Ways to Love God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

The Sabbath Way: Finding the Rest Your Soul Craves by Travis West

Encouragement for New Believers

Journey Through Hebrews

Is ‘Making Money While You Sleep’ Biblical?

When Grief or Loss Hits Like a Wave
