YouVersion Logo
Search Icon

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee NieSample

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

DAY 6 OF 6

In die teenwoordigheid van ons vyande

God berei vir jou ’n tafel voor in die teenwoordigheid van jou vyande (Psalm 23:5). Hoekom kry hulle sitplekke in die voorry? Hoekom nie net die skobbejakke verpletter nie? Of die situasies verander? Dink ’n bietjie aan die mag van hierdie tafel. Jy sit saam met die Koning, die God van die heelal. Jy is aan tafel saam met die wysste, deernisvolste, liefdevolste, kreatiefste, vreugdevolste en interessantste Persoon in die heelal.

Te midde van die geveg wat om jou woed, is Hy by jou. Die Goeie Herder is beskikbaar en bereikbaar. Wanneer jy die omvang hiervan begryp, sal jy sien dat daar niks in jou lewe is wat meer waardevol en lonend is nie as die volskaalse strewe om Hom beter te ken. Om totaal en al ingestel te wees op die Gasheer wat saam met jou aan jou tafel sit, weerhou die vyand daarvan om ’n geleentheid te kry om in te kom en jou aan te val. Jy hou op fokus op die vyand en hou jou oë gerig op God. Natuurlik is daar die strategie om die vyand se taktieke te ken, om te leer hoe om hom van jou tafel af weg te hou. Maar dis selfs ’n beter strategie om die verdediging vir aanval te verruil. Wanneer ons met ons hele hart op God fokus en sy aangesig soek (Psalm 27:8, 13), sal groot dinge gebeur.

Jy het ’n keuse in die lewe: Jy kan iemand wees wat van God weet of jy kan die uitnodiging aanvaar om God Self waarlik en intiem te ken. Hoe leer ken ’n mens dié almagtige God? Deur die Woord van God en die persoon van Jesus Christus. Die Heilige Gees lei jou in die waarheid soos jy sy eienskappe begin ontdek. Hy is ’n Persoon van God, en dit sluit totale wil en emosie in. Soos jy God deur sy eienskappe sien, begin jy God waarlik ken.

Dink aan die vlakke of diepte wat jy kan verken wanneer jy ’n ander persoon ken. Wanneer jy iemand pas ontmoet, weet jy dalk goed wat waar is, maar dit is beslis nie alles wat daar is om van die persoon te weet nie. Wanneer jy nou saam met iemand leef, leer ken jy sy of haar hart. God nooi jou om nie net tevrede te wees met oppervlakkige kennis nie. Hy nooi jou om ’n diep en persoonlik kennis van Hom te ontdek waarin jy sy genade, liefde, barmhartigheid, heiligheid en almag kan verken. Jy sal weet dat Hy jou nooit in die steek sal laat nie. Jy sal sien hoe vol wysheid Hy is, hoe onveranderlik Hy is, hoe Hy alomteenwoordig is en tog vir jou individueel liefhet. Jy kan soveel van God weet as wat jy die begeerte het om na te streef.

Die keuse om God meer volledig te ken, is joune. Jesus het vir ons die pad oopgemaak om met vrymoedigheid in sy teenwoordigheid te kom. Wanneer ons ons fokus instel op die Almagtige, word ons al hoe meer soos die Een wat ons siel bekoor. En ons weerkaats sy heerlikheid. Ons tafel is in die teenwoordigheid van ons vyande sodat God se heerlikheid in iemand soos jy ten toon gestel sal word, want God wil hê jy moet weet dat jy in elke situasie genoeg sal hê. En God wil hê die vyand moet sien hoe jy skyn. Hou jou gedagtes op God gerig. Punt. Dan is daar geen manier dat die vyand ’n plek aan jou tafel sal kry nie.

NADINK-VRAE

Hoe sou jy die diepte van jou verhouding met God beskryf?

Wat kan jou help om God meer in diepte te leer ken? Wat sal dit vir jou beteken om die stap te neem om ’n verhouding met God te bou as jy dit nog nooit gedoen het nie?

Hoe verander jou verhouding met God jou? Hoe beïnvloed dit dié mense wat jou dophou – vriende én vyande?

Dankie dat jy hierdie leesplan voltooi het! Ons glo dat dit jou gehelp het in jou wandel met Jesus. Om gratis inhoud uit DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE af te laai, gaan na www.dontgivetheenemy.com

Day 5

About this Plan

Moenie Vir Die Vyand ’N Plek Aan Jou Tafel Gee Nie

Ons almal sukkel soms om ons gedagtes te beheer en hulle eerbaar en verheerlikend vir God te maak. In hierdie 6-dag-leesplan, gebaseer op Louie Giglio se boek DON’T GIVE THE ENEMY A SEAT AT YOUR TABLE, sal jy leer hoe om beheer te neem oor jou gedagtes en emosies – deur die krag wat God vir ons gegee het deur Jesus Christus om die vyand te oorwin.

More