YouVersion Logo
Search Icon

!Stres!Sample

!Stres!

DAY 6 OF 10

Help my tog!

Partykeer spruit ons woede en frustrasie uit ’n gevoel van hulpeloosheid. Ons sit vas in die verkeer, of midde-in onopgeloste familiedrama, of verstrengel in finansiële probleme of -herstrukturering by die werk … en dit laat ons heeltemal magteloos voel.

Toe Jesus gesterf het en weer opgestaan het om by sy Vader in die hemel te gaan heers, het Hy ons nie alleen hier gelos nie. Hy het vir ons die Heilige Gees gegee om vir ons ’n Raadgewer, ’n Helper en ’n Troos te wees (Johannes 14:16-17). Hy is ons toevlug – altyd en oral daar vir ons. Hy is maar net ’n hartklop weg van jou gespanne self. Roep na Hom vir hulp – sommer nou dadelik – en Hy sal jou die hoop en vertroosting gee wat jy nodig het. Weet dat niks wat jy nodig het te groot of te onsinnig is om sy krag en sy aandag te verdien nie.


’N SAAK VAN LEWE EN DOOD

Studies het al aangetoon dat die daaglikse stres van lang ure in die verkeer vergelykbaar is met die spanning wat vegvlieëniers of onlustepolisie ervaar. Die verskil is dat vegvlieëniers en onlustepolisie ’n mate van beheer het oor die stresvolle situasie. Maar as jy – hetsy as bestuurder of passasier – in ’n motor in die verkeer sit, is daar weinig wat jy aan die situasie kan doen. Dis juis hierdie gevoel van magteloosheid wat sleg is vir jou gesondheid. Verander jou verwagtings. As jy elke dag in die verkeer sit, gaan vandag waarskynlik nie anders wees as gister nie. Probeer dalk ’n bietjie vroeër wegkom as jy minder gedruk vir tyd wil voel.

Day 5Day 7

About this Plan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More