YouVersion Logo
Search Icon

!Stres!Sample

!Stres!

DAY 1 OF 10

Staal jou!

God is op die punt om Job te ondervra – en die arme Job sal nie veel hê om terug te antwoord nie (Job 40:4). Hy sal sprakeloos wees oor God se grootsheid, sy almag en sy krag. Maar God hou nie terug nie – Hy daag Job se beperkte insig doelbewus uit.

Jy aanbid dieselfde God wat vir Job onder kruisverhoor geneem het. Hy weet presies op watter terreine jy gekonfronteer moet word en wat jy kan hanteer. En omdat Hy ’n liefdevolle Vader is wat net die heel beste in jou na vore wil bring, gaan Hy jou nie met handskoentjies hanteer as Hy weet jy moet uit jou gemaksone kom nie. Soms moet ons uitgedaag word en selfs intense spanning beleef sodat ons kan groei.


GOED VIR GROEI

Stres ontstaan wanneer die uitdaging voor jou en die hulpbronne wat jy tot jou beskikking het om daardie uitdaging te hanteer, nie in balans is nie. Navorsers onderskei tussen twee soorte stres: slegte (ongesonde) stres en goeie (gesonde) stres. Chroniese stres of volgehoue blootstelling aan slegte stres is iets wat ons moet probeer vermy. Dié tipe stres word geassosieer met chroniese siekte en permanente verandering aan die grootte, struktuur en werking van die brein. Matige vlakke van daaglikse, hanteerbare stres kan egter ons motivering, probleemoplossingsvermoë, selfvertroue en gesondheid positief beïnvloed en ons selfs beskerm teen skade wat met siekte en veroudering verband hou. Moenie perspektief verloor nie. As jy álle stres uit jou lewe vee, gooi jy dalk heelwat diepte en betekenis daarmee saam uit.

Day 2

About this Plan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

More