YouVersion Logo
Search Icon

Die Regte GodSample

Die Regte God

DAY 4 OF 7

God is wys

Nie net is God goed, soewerein en heilig nie, die regte God is ook wys. Watter verskil maak dit in jou lewe?

Toe ek nog in die kweekskool was, het ek eenkeer deur ’n moeilike tyd gegaan. Al het ek probeer om gehoorsaam te wees, het ek ’n redelike negatiewe siening gehad van my huwelik, my werk, my studies en my toekoms.

Op ’n dag het my professor gesê: “Die wysheid van God leer ons dat God die beste moontlike uitslag teweeg sal bring op die beste moontlike manier vir die beste moontlike mense vir die langste moontlike tyd.”

Dit het my gehelp om te besef dat God se wysheid besig was om my omstandighede te bewerk. Ek het ophou om my teë te sit en Hom toegelaat om my geloof te vorm.

Alles in ons lewe is deel van God se wyse plan, gegrond op sy goeie, soewereine en liefdevolle karakter.

God openbaar sy wysheid aan ons deur sy Skepping, sy Woord, sy Seun, sy voorsiening, sy reddingsplan, en ons eie ervarings met Hom. Hy belowe selfs dat ons sy wysheid kan bekom deur net in geloof daarvoor te vra (Jakobus 1:5-6).

As ons hierdie waarheid begryp, kan ons begin om sy wysheid in ons omstandighede raak te sien.

·  Ons perspektief word wyer, ons geloof word dieper en ons karakter word sterker.

·  Ons stres, vrees en bekommernisse begin verdwyn.

·  Ons verstaan dat God alles in volmaakte fokus sien en besig is om aan sy doelwitte met ons te werk.

·  Dit neem dalk nie al die onsekerheid in ons lewe weg nie, maar ons ervaar vrede in God se wyse planne.

Hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie (Romeine 11:33, NLV).

Erken vandag dat elke aspek van jou lewe gegrond is in die Goddelike wysheid van die regte God. Deur Hom te vertrou en saam te werk met wat Hy doen, sal jou lewe verander word.

Day 3Day 5

About this Plan

Die Regte God

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!

More