Die Regte GodSample

God is soewerein
God is goed. Maar ’n goeie God wat magteloos is in die aangesig van omstandighede sal nie baie mense tot geloof inspireer nie. Wat van ’n goeie God wat regeer oor elke uithoek van die heelal?
Ons God is bo alle dinge, voor alle dinge en onderhou alle dinge.
Dit maak Hom soewerein. Wat beteken dit?
Om soewerein te wees beteken God is nie net een god van vele nie. Hy is die Heer van here, die Koning van konings, die Oppermag en Oppergesag oor elke ander mag en gesag. Hy is nie onderhewig aan die giere van konings en presidente nie, gebonde aan die kinkels van die noodlot of die wette van die heelal nie. Hy is die wet van die heelal.
So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie (Jesaja 44:6, 1983-vertaling).
As jy dit verstaan, weet jy jy kan Hom heeltemal vertrou.
· Jy kan vertrou dat sy beloftes nie leë woorde is nie.
· Jy kan vertrou dat Hy jou gebede hoor en dat Hy die mag het om dit te verhoor, en dit sal doen.
· Jy kan verseker wees dat Hy al jou dae in sy hande hou.
· Jy kan hom aanbid, seker dat Hy jou aanbidding waardig is.
· Jy kan Hom volg as die Here sonder om bang te wees dat jy teleurgestel sal word.
· Jy kan leef in die sekerheid van sy wysheid, liefde en mag.
Die woord soewereiniteit is dalk nie so warm nie. Maar om die regte God as die heerser van alles te sien, sal jou geloof ’n onwankelbare fondament gee.
Scripture
About this Plan

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!
More
Related Plans

God in the Midst of Depression

BibleProject | Sermon on the Mount

Church Planting in the Book of Acts

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Leading With Faith in the Hard Places

You Are Not Alone.

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Praying Like Jesus

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way
