Die Wapenrusting - Klere Vir Die OkkasieSample
'n Swaard wat diep en fyn kan sny!
Die laaste deel van die wapenrusting wat God vir ons gee, is die enigste deel waarmee ‘n soldaat kan aanval. Wat dink jy is dit? As jy ‘n soldaat was en jy en jou vyand albei ‘n swaard gehad het, sou jy wag dat jou vyand jou aanval, of sal jy eerste aanval? Ek vermoed die meeste van ons sal dalk eerste probeer aanval!
Een van ons groot uitdagings in hierdie wêreld, is dat die vyand en bose geeste ons onkant probeer betrap. Sonder dat ons dit eintlik agterkom, laat ons soms toe dat die vyand ons eerste aanval. Hoe gebeur dit? Ons word aan die slaap gevang!
Paulus rig die volgende twee versoeke aan die volgelinge van Jesus: Hou die Woord van God naby aan jou hart en volhard in gebed. As ons gereeld tyd in die Woord van God deurbring, leer ons wie God is en wat dit beteken om tot sy eer te lewe.
Wat dan van gebed? Hoe meer ons deur die loop van die dag bewus bly dat God deur sy Gees altyd by ons is, hoe meer besef ons dat ons enige tyd met Hom kan praat. Ons kan met Hom kommunikeer, en hoe meer ons onthou Hy is by ons, hoe meer leer ons om ook fyn na sy stem te luister.
Dink jy dat die vyand ‘n volgeling van Jesus wat fyn op die Woord van God en gebed ingestel is, onkant gaan betrap? Nie sommer nie!
Dus, waarvoor wag ons? Jy het oor die afgelope paar dae kosbare hulpbronne ontvang. Hierdie wapenrusting het God self vir sy kinders ontwerp.
Vandag ontvang jy ‘n waarborg; ‘n “geld-terug waarborg”! As jy hierdie wapenrusting aantrek en elke deel van hierdie wapenrusting ‘n deel van jou daaglikse lewe maak, sal jou verhouding met God dramaties groei. Jy sal leer hoe om seer en swaarkry beter te hanteer en te verwerk en jy sal dit al hoe meer geniet om deel van God se nuwe skepping, die koninkryk van God, te wees.
Die Woord van God as swaard sny diep in jou lewe in:
Dit onderrig jou …
Dit maak verkeerde besluite reg …
Dit bewaar jou gedagtes …
Dit kweek ’n regte lewensstyl …
Gaan leef die oorvloedige lewe wat God vir jou bedoel het! Hy gee elke tree saam met jou.
About this Plan
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. Voel dit vir jou asof jy nie oorwinning in die stryd behaal nie? Het jy al jou uitdagings vanuit 'n geestelike perspektief benader? Oorwinning in hierdie stryd word behaal deur die ses waarhede van die wapenrusting elke dag deel van jou lewe te maak. As jy vir jou geestelike stryd moed nodig het, gaan hierdie leesplan jou help!
More