Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Hebreërs 10:1–18; Romeine 5:20-21
SOAP: Hebreërs 10:1-2; Romeine 5:20-21
Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie. As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.
Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.
Oordenking
In Hebreërs hoofstuk 10 het die skrywer 'n ander manier beskryf waarop Christus hoër gesag het. Hy het Christus se gesag wat hoër as die engele, die priesterdom, die ou verbond en die heiligdom is, verduidelik. Nou het hy verduidelik hoe Christus beter as die wet is.
Die wet maak voorsiening vir tydelike reiniging van die offers wat elke jaar gebring is. Die wet was egter gebrekkig. Daar was geen offer in die wet wat mense permanent van hulle sonde kon reinig nie. Daar was geen sitplek in die tabernakel of die tempel wat toon dat die werk van die priester ooit voltooi was nie, en daarom kon hulle nooit gaan sit nie. Nadat Jesus Homself namens die mensdom geoffer het, het Hy egter aan die regterhand van God gaan sit omdat sy werk voltooi was.
God het sy wet op ons harte geskryf, in ons gewete. Die wet maak ons bewus van ons sonde. Afgesien van Christus, sal ons nooit vrede in ons gewete ervaar nie. Wanneer ons die genade van Christus aanneem, sy offer aanvaar as genoeg om die betaling vir ons sonde te dek, ervaar ons vrede. Ons kan waarlik rus ervaar wanneer ons sy genadige gawe van geregtigheid aanvaar.
Gebed
Jesus, ek aanvaar die genade wat U my gegee het. Ek glo dat U offer my sondes bedek het. Help my om te lewe soos ek dit glo. Help my om op te hou om goedkeuring van U en ander te kry. Help my om te glo dat u genade oorvloedig is en vir my genoeg is. Amen.
Scripture
About this Plan
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Related Plans
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - June
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Finding Wisdom in Proverbs
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
30 Minute Daily Reading Plan
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)