Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
Lees: Hebreërs 9:11–14
SOAP: Hebreërs 9:13-14
Wanneer die bloed van bokke en bulle en die as van 'n vers op die onreines gesprinkel word, maak dit hulle uiterlik rein. Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer.
Oordenking
Die offers in die Ou Testament was onvolmaak, maar dit was effektief. Hulle doel was om die gevolge van sonde aan die mense te wys. Enige oortreding teen God, die gemeenskap of 'n ander persoon het die dood van 'n dier vereis, van 'n groot bul tot 'n klein voël. Hierdie offers het die aanbidder 'n tyd lank gereinig, waardeur hulle sonder vrees of skuldgevoelens kon terugkeer na die gemeenskap en aanbid.
In die Levitiese stelsel, is die dood wat vereis word as die betaling vir sonde deur 'n dier gedek. Diere is doodgemaak, nie die sondaar self nie. Die dier het die straf vir die persoon se sondes geneem. Jesus het Homself aangebied as 'n offer, nie vir sy eie sondes nie (omdat Hy geen gehad het nie), maar as 'n plaasvervangende offer vir die ganse mensdom. Jesus was nie skuldig nie. Hy het die sondes van die mensdom eens en vir altyd op Hom geneem. Sy ewige natuur het Hom toegelaat om ons ewig van sonde te reinig en nie meer die dood van enige aard nodig is nie.
As die offer van diere as 'n betaling vir sonde beskou word, hoeveel te meer het die onbevlekte, ewige offer van Christus die skuld bedek wat ons vir ons sondes moet betaal? Jesus reinig ons gewete vir ewig. Ons kan God met vryheid aanbid in die wete dat ons nooit gestraf of veroordeel sal word vir ons sondige natuur nie.
Gebed
Here Jesus, ek glo u offer is genoeg. U het die skuld vir my sondes betaal. Ek glo u offer het my volkome van my sonde gereinig. Dankie dat U Uself gegee het, sodat ek in vryheid kan leef en 'n verhouding met U kan hê. Amen
Scripture
About this Plan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More