Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging Sample
Lees en bespreek: Nehemia 1 en 2
Vrae vir Groepbespreking of Persoonlike Studie
- Wat het jy omtrent God geleer gedurende jou studie van Nehemia 1 en 2?
- Hoe word God beskryf?
- Wat het jy spesifiek oor die hand van God uit Esra en Nehemia geleer?
- Hoe het hierdie nuutgevonde kennis van die hand van God jou gehelp om vrees en ontmoediging te oorkom?
- Wat het jy vandeesweek oor gebed geleer? Hoe spesifiek was die versoeke? Hoe spesifiek was die belydenis van sonde? Hoe spesifiek is joune? Op grond waarvan is die versoeke tot God gerig? Met ander woorde, wat het Daniël en Nehemia omtrent God geglo, wat hulle in staat gestel het om sy aangesig en sy vergifnis te soek?
- Wat het jy oor gebede vir jou nasie geleer?
Gedagte vir die Week
Een van die sleutels tot die oorwinning oor vrees en ontmoediging, is om die Woord van God te ken. God is soewerein en wat Hy sê sal gebeur. In 538 of 539 v.C. het God aan Daniël geopenbaar dat Jerusalem herbou sou word. Hy het ook aan Daniël ’n aftelling bekend gemaak van die gebeure wat aanleiding gegee en gepaard gegaan het met die kruisiging van ons Here. In 445 v.C. het Nehemia die koning van Persië genader en is daar aan hom toestemming gegee om die stad van die Here te herbou. Die aftelling totdat die Messias “uitgeroei” of gekruisig sou word, het begin.
Weereens sien ons hoedat God die geskiedenis vooruit skryf. Alhoewel daar geen aanduiding is dat Nehemia met die profesie van Daniël bekend was nie, weet ons dat Daniël welbekend onder die ballinge en beroemd in Persië was. ’n Ander profeet van Israel, Esegiël, noem hom op so ’n manier dat dit duidelik is dat sy reputasie goed bekend was (Esegiël 14:12-20). Nehemia het dus waarskynlik die geskrifte van Daniël geken.
- Kom jy agter hoeveel moed ons kan skep as ons weet wat God gesê het en glo dat Hy dit bedoel het?
Mense wat hulle God ken, het die moed om nie alleen mense nie, maar ook vir God, (figuurlik) in die oë te kyk. Terwyl jy vandeesweek die gebede van sowel Daniël as Nehemia bestudeer het, sou jy gesien het dat hulle albei op grond van God se genade tot Hom genader het.
- Het jy hierdie waarheid ten volle begryp?
Hy is ’n genadige God. Jy kan tot Hom nader, selfs al het jy misluk. Nader tot Hom, erken jou mislukkings, bely jou sondes en vra om vergifnis. Jy sal genade in sy oë vind. Daniël en Nehemia het tot God genader op grond van hul geloof dat Hy ’n God is wat sy beloftes gestand doen. Hulle het Hom aan sy beloftes herinner (nie dat Hy dit sou vergeet nie) en Hom gevra om te doen wat Hy gesê het Hy sou doen. Namate jy die Woord van God bestudeer, sal jy God se beloftes leer ken en toenemend in staat wees om hulle jou eie te maak in gebed, soos hierdie twee Godsmanne gedoen het.
- Dit is ’n goeie rede om te studeer, nie waar nie?
Vrees word die eerste keer in hoofstuk 2:2 vermeld. Ons lees dat koning Artasasta aan Nehemia gevra het waarom sy aangesig so bedroef was — waarop Nehemia “baie bevrees” geword het. Nehemia het, ten spyte van sy vrees, nogtans sy versoek aan die koning gerig.
- Waar het hy die moed vandaan gekry?
Hy het krag geput uit sy gebed in hoofstuk 1. Hieruit leer ons dat die omvang van ons moed van die diepte van ons gebedslewe afhang. Om moed te hê, moet jy God glo. Om God te glo, moet jy Hom ken. Om Hom te ken, moet jy sy Woord bestudeer.
- Ken jy vir God?
Die enigste ander opsie is om in vrees en ontmoediging te leef.
Indien jy verder wil studeer en die waarhede uit die boek van Nehemia wil ontdek, gaan na ons webtuiste en bestel die volledige studie: Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging.
Scripture
About this Plan
Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
More