SaligsprekingeSample
Lees: Johannes 16:20
SOAP: Johannes 16:20
Christene dink soms dat ons deurentyd aan ongelowiges moet wys hoe wonderlik ons lewens is noudat ons in Christus glo. Ons wil ons geloof adverteer deur te wys hoeveel beter dit ons lewens maak. Tog het Jesus sy volgelinge belowe dat hulle op hierdie aarde lyding en verdriet sou ervaar, selfs terwyl die wêreld juig. Met Jesus se kruisiging was daar baie mense wat hulle kon verheug in hulle oorwinning toe hulle Jesus, die opstandige leermeester, uit die weg geruim het, dit terwyl sy volgelinge getreur en weggekruip het. Selfs vandag is daar sonde wat die wêreld vier terwyl volgelinge van Christus daaroor ween.
Later in hierdie gedeelte in Johannes sal Jesus die voorbeeld gebruik van 'n vrou in kraam wat tydens die geboorteproses geweldige pyn ervaar, maar haar verheug sodra haar baba gebore is. Net so sal ons wat die komende koninkryk van God verwag, baie booshede in die wêreld teëkom wat ons laat ween, maar ons doen dit in die wete dat daar vreugde vir ons in die toekoms wag. God belowe om nie net die pyn en lyding van hierdie wêreld weg te vee nie, maar ook om dit te verlos: om alles reg te maak en ons hartseer in vreugde te verander.
Here, baie dankie dat U u Seun na die aarde gestuur het om 'n menslike lewe van stryd en lyding te lei. Dankie dat U ons pyn verstaan. Troos my asseblief wanneer ek treur en gee aan my vreugde in die beloftes wat U aan u volk gegee het.
Scripture
About this Plan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More