SaligsprekingeSample
Lees: Matteus 5:5
SOAP: Matteus 5:5
"Sagmoedige" is nie 'n sinoniem vir "muurblommetjie," "deurmat" of "iemand wat maklik oorreed kan word" nie. In 'n wêreld wat die magtige prys en aggressie en onbeperkte ambisie beloon, is dit maklik om te sien waarom "sagmoedigheid" so 'n slegte reputasie gekry het. Jesus maak dikwels beloftes aan die swakkes en kragteloses, en hier belowe Hy dat die sagmoediges en nederiges in die ewigheid belonings sal ontvang wat hulle op aarde ontsê is. Net soos wat Jesus in vandag se leesstuk in Mattheus 5:3 'n erfenis beloof aan die wat arm van gees is, beloof Hy 'n erfenis aan diegene wat weier om mag of besittings te verkry deur ander mense uit te buit en deur die opgaring van besittings.
Dit kan maklik wees om nie onsself raak te sien in hierdie beskrywing van wêreldse mag nie. Tog het baie van ons 'n beduidende invloed op ander mense en meer besittings as die armes onder ons. Jesus se belofte is van toepassing op ons almal: die nederiges wat gewillig afstand doen van wêreldse mag, en die sagmoediges wat hul besittings gebruik om ander mee te dien, sal die aarde beërwe.
Here, gee my asseblief die krag en die oortuiging om ander in plaas van myself te dien, om die dinge waaraan ek so kan vasklou, prys te gee en ander met vriendelikheid en sagmoedigheid te hanteer. Dankie vir die invloed en besittings wat U my gegee het. Leer my asseblief om dit goed te gebruik.
Scripture
About this Plan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More