YouVersion Logo
Search Icon

SaligsprekingeSample

Saligsprekinge

DAY 14 OF 43

Lees: Kolossense 3:12

SOAP: Kolossense 3:12

Daar is drie belangrike redes waarom ons meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam moet wees: ons is uitverkies, heilig en geliefd. Ons is uitverkies: God het ons nie verlaat of vergeet nie, maar ons genadiglik beskerm en vir ons ‘n hoopvolle toekoms belowe. Ons is heilig: God het aan ons geregtigheid gegee wat ons nooit vir onsself sou kon bewerk nie en die regte manier om op so ‘n geskenk te reageer, is om so op te tree dat dit ander na Hom toe sal heenwys. Ons is geliefd: God het nie vir ons of ons aanbidding nodig nie, maar Hy verheug Hom oor ons en Hy het ons lief. 

Ons identiteit verander ons optrede: wanneer ons begryp wie ons in Christus is, behoort dit die manier hoe ons teenoor ander optree, te verander. As uitverkore, heilige en geliefde mense word ons beveel om eienskappe aan te neem wat getuig van ons identiteit. As mense met ons te doen kry moet hulle kan sien dat ons anders is, dat ons soos uitverkore, heilige en geliefde mense optree. 

God, Dankie dat U my gekies het, dat U my liefhet en my heilig maak! Gee my die krag en oortuiging om ander mense op so ‘n manier te behandel dat dit hulle na U toe heenwys. Bring mense in my lewe met wie ek u liefde kan deel. 

Day 13Day 15

About this Plan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More