YouVersion Logo
Search Icon

SaligsprekingeSample

Saligsprekinge

DAY 42 OF 43

Lees: Jesaja 35:4, Psalm 9:10-11

SOAP: Jesaja 35:4

In ‘n uiters gebroke en sondige wêreld kan ‘n mens maklik oorweldig word deur die lyding en toegee aan vrees. As ons perspektief aardsgebonde is, sal ons angstige harte hê. God beveel ons egter om sterk en nie bevrees te wees nie en bied ‘n wonderlike belofte: Hy sal ons kom red. ‘n Aardse perspektief sal ons altyd met vrees vervul, maar ‘n ewigheidsperspektief sal ons hoop gee. 

God se belofte aan ons is dat Hy in ons vervolging, in ons lyding, in ons twyfel en in ons vrese by ons is. Ons lyding is nie ‘n teken dat Hy ons verlaat het nie, maar ‘n herinnering aan die belofte wat Hy gemaak het om ons gebroke wêreld te verlos, ‘n einde aan lyding en dood te maak en ons vir altyd met Hom te versoen. Ons kan kies om nie bevrees te wees nie – nie omdat ons ons gevoelens onderdruk en ‘n dapper front voorhou nie, maar omdat Hy ons krag en ons hoop is. 

God, dankie vir u beloftes! Dankie dat U getrou is om ons te help en ons te red. Help my om ‘n ewigheidsperspektief te hê wat in u beloftes glo en lyding met hoop trotseer. 

Day 41Day 43

About this Plan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More