YouVersion Logo
Search Icon

SaligsprekingeSample

Saligsprekinge

DAY 38 OF 43

Lees: Matteus 5:10-12

SOAP: Matteus 5:10-11

Soos Jesus die einde van hierdie onverwagse seëninge nader, eindig Hy sy preek met ‘n verduideliking van wat sal gebeur met sulke mense. Dié wat arm van gees is, die sagmoediges, dié wat honger en dors na geregtigheid, die barmhartiges, die vredemakers, dié wat rein van hart is – hierdie mense wat kontra-kultureel is, sal vervolg word. Die wêreld ken en vestaan nie wat om te doen met mense wat opofferings vir mekaar maak nie, wat versoening soek selfs al kos dit hulle baie, wat hulle eie mag afgee ter wille van iemand anders nie. Hierdie ongewone kwaliteite sal somtyds “beloon”word deur die wêreld met vervolging en swaarkry.

Let op dat dit nie vervolging in die algemeen is wat seëninge bring nie, maar vervolging om Jesus se ontwil.  Wanneer Christene onbeskof, eiegeregtig en arrogant is en ander wil straf, word ons nie geseën nie. Dit is nie ‘n ope paspoort om verdoeming oor onsself te bring nie, maar troos ons in tye wanneer ons weier om aan die wêreld se kompromieë toe te gee en dan as beloning gestraf of beledig word. Diegene wat weier om ‘n koninkryk vir hulleself te bou, word ‘n ewige, Goddelike koninkryk belowe.

Dankie Here, vir U belofte van troos in my lyding. Gee my asseblief die oortuiging om U beeld uit te dra aan die wêreld, selfs wanneer dit my baie kos.

Day 37Day 39

About this Plan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More