YouVersion Logo
Search Icon

SaligsprekingeSample

Saligsprekinge

DAY 25 OF 43

Lees: Psalm 51:12

SOAP: Psalm 51:12

Ons harte is nie net siek nie, hulle is basies gebreek. Daar is geen pleister groot genoeg om ons hart en siel weer te heg nie. Wanneer ons met die werklikheid van ons sonde gekonfronteer word, is al wat ons van God kan vra, ‘n herskepping. Hy belowe om die gebreekte boustene van sy materiële skepping - die wêreld waarin ons leef, sowel as ons harte en ons liggame - te neem en dit te gebruik om iets nuuts te skep. God belowe om te verlos, weer nuut te maak – selfs beter as wat ons sou terugkeer na waar ons was voor sonde gekom het.

Dawid se uitroep hier is van desperaatheid - en hy het reg om so diep bedroef te wees! Hy het so pas gesondig op twee van die vernietigendste en grusaamste maniere waarop 'n mens kan sondig. Hy ken die dieptes van sy verdorwenheid, en dit lei hom tot 'n uitroep na verlossing. Wanneer ons die sonde in ons hart en die gebrokenheid in ons wêreld in die gesig staar, moet dit lei tot pleidooie soos hierdie: vir vernuwing.

Skep in my 'n rein hart, o God. Verlos my van my gebrokenheid en maak my ‘n nuwe skepping. Dankie dat U getrou is aan die dinge en mense wat U geskep het en vir die begeerte om ons te herstel. 

Scripture

Day 24Day 26

About this Plan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More