YouVersion Logo
Search Icon

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg Sample

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

DAY 2 OF 5

Die geskenk van genade

Beste en slegste

Gee elkeen ’n kans om oor die beste en slegste oomblik van elkeen se dag te gesels.

Waar het jy Jesus vandag ontmoet?

Gesels met mekaar oor waar elkeen vandag vir Jesus ontmoet het, of oor iets of iemand wat jou aan Hom laat dink het.

• Hoe verstaan jy hierdie storie van Jesus?

• Wat leer jy hier van God?

• Hoe verskil God se waardes van die wêreld s’n?

Gedagte vir die dag

Tydens appeltyd het ’n seun met die naam van Robert se ma hulle sewe sitgemaak totdat die berg appels in ’n netjiese ry gevulde flesse omskep is. Sy ma het nooit boekgehou van hoeveel appels hulle geskil het nie, alhoewel die jonges meer in die pad was as enigiets anders, meer tyd gemors het met gesnyde vingers, stryery oor wie kry watter pan en appelstronkgevegte.

Maar wanneer die werk voltooi was, was die beloning vir almal presies dieselfde: die grootste sjokolade-gedoopte roomys wat geld kon koop, alhoewel dit nie heeltemal regverdig was nie. Maar hy kon nie onthou dat enigiemand ooit daaroor gekla het nie. Gesinslede verstaan dat ’n gesin onder ’n ander stel reëls werk as ’n hof of ’n besigheid!

Om die waarheid te sê, as die winkel se roomys op was en die jongste kind moes klaarkom met ’n suigstokkie, was hulle almal jammer ten spyte van sy onproduktiwiteit (en al het hy die appels wat hy daardie dag moes afskil, opgeëet – albei van hulle).

Net so wil God ook hê dat al sy kinders die volle genadegeskenk moet geniet. 

Doen saam

Gaan werk vandag iewers in ’n tuin of park of straat en trek onkruid uit of tel papiere en blikkies op – maak van die omgewing ’n beter plek.

Gebed

Vader, dankie vir die genade en die geskenk van U seun, Jesus. Ons sien uit daarna om binnekort sy verjaarsdag te vier! Seën ons met genade en eenheid. Amen.

Leef jou geloof

Wees in hierdie week genadig teenoor jou gesinslede (soos Jesus was). Doen vir hulle iets wat hulle nie verdien nie.

Net vir ouers

Onthou dat jou kinders nog nie lank op aarde is nie. Hanteer hulle sagkens en laat genade jou huis toedien, veral in hierdie feestyd van die jaar.

Day 1Day 3

About this Plan

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

Hierdie 5-dag-leesplan is ideaal vir Advent-oordenkings vir die hele familie en sal verhoudings, spanwerk, geduld en oorweging aanmoedig. Elke dag bevat Bybelverse, ’n geleentheid vir gesinslede om oor hulle dag te praat, ’n oordenking, ’n prettige aktiwiteit, ’n gebed asook “leef jou geloof” en “net vir ouers” gedeeltes. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Ewald en Beatrix van Rensburg se “Nader aan God, nader aan mekaar”.

More