YouVersion Logo
Search Icon

SuurlemoenseisoenSample

Suurlemoenseisoen

DAY 6 OF 7

Die pad uit

Lank gelede het iemand vir my gesê iets is net ’n probleem as dit ná vyf jaar steeds nie opgelos is nie. Dalk, maar die lewe is te kort om vyf jaar (of meer) met dieselfde probleem te sit – veral as dit onnodig is.

Party probleme is ongelukkig nie vinnig oplosbaar nie, maar dit is steeds nie nodig om te stagneer nie. Dit verg net meer werk en geduld. As ons verstaan dat God die goeie Vader is, help dit ons om te glo Hy ons wil help om die regte oplossings vir ons probleme te vind. Sy wysheid is ál wat ons werklik nodig het om ons uit die grootste dilemma te kry.

Hoe doen ons dit? Die Bybel bied vir ons drie sleutels hiervoor:

Die eerste is wysheid. Jakobus sê ons moet die Here daarvoor vra (Jak 1:5). Ons kan moed skep deur die wete dat ons toegang het tot God se wysheid. Die antwoord op ons probleme is net ’n gebed ver. Ons put uit God se wysheid deur sy Woord, deur die Heilige Gees wat in ons woon en deur die gemeenskap van gelowiges.

Die tweede is die sin van Christus (1 Kor 2:16). Deur die “sin” van Christus het ons toegang tot die gedagtes van Jesus. Buiten dat ons kan weet wát Hy oor ’n situasie dink, kan ons leer om soos Hy te dink. Dit sluit aan by Paulus se bemoediging: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe” (Rom 12:2). Namate ons ál meer ons gedagtes rig op die gedagtegang van Jesus self, word dit makliker om toegang tot sy wysheid te verkry, moeilike probleme op te los en ons weg uit ingewikkelde situasies te vind.

Die derde is ’n hemelse perspektief (Ef 2:5-6). Dit is nie net mooi taalgebruik nie. Johannes 14:20 sê wie ons is ná ons bekering in Christus en Hy in ons. Dit beteken dat ons nóú in Christus Jesus op hemelse plekke sit. Dit beteken ons moet ons hele perspektief oor probleme en omstandighede verander. Jesus kyk anders na ons lewe as ons. Ons sien ’n groot struikelblok; Hy sien die uiteinde: “Ek is God. Niemand is soos Ek nie. Ek maak bekend wat gaan gebeur nog voor dit gebeur” (Jes 46:9-10, NLV).

Die prentjie lyk onmiddellik anders wanneer ons ons onderrig om daarna te kyk vanuit ’n hemelse perspektief. Ons kan dadelik leef vanuit die oorwinning wat God vir ons bewerkstellig, selfs al lê die probleem nog voor ons. Hy het vir alles ’n oplossing.

Daar is altyd ’n weg uit.


Scripture

Day 5Day 7

About this Plan

Suurlemoenseisoen

Kyk anders na jou lewe en dink in terme van die liefde en goedheid van God as ’n Vader, Verlosser en Vertrooster. Besef dat daar in Hóm altyd ’n oplossing is vir selfs die suurste suur wat die lewe kan opdis.

More