YouVersion Logo
Search Icon

Woorde Maak SaakSample

Woorde Maak Saak

DAY 28 OF 29

Lees: 1 Kronieke 16:34, Psalm 100, Psalm 145:2-4, 1 Tessalonisense 5:16-18

SOAP: Psalm 145:2-4

Vandag is die laaste dag in ons “Woorde maak saak” studie. Hoe het dit gegaan? Ek hoop dat jy baie waardevolle lesse geleer oor hoe om jou woorde te gebruik!

Vandag se verse praat van dankbaarheid en lof. God is elke oomblik van die dag besig om in ons lewens te werk. Sommige werke is groot en skouspelagtig en ander werke is klein, alledaagse wonderwerke. Ons moet let op elke deel van God se werk in ons lewens en ons moet vir Hom dankbaarheid en lof gee vir dit wat Hy doen.

Dankbaarheid beteken om vir God dankie te sê vir alles wat Hy vir ons gedoen het en wat Hy alles aan ons voorsien het. Ons loof God nie net vir wat Hy doen nie, maar ook vir wié Hy is. Maak nie saak wat ons ervaar of waardeur ons gaan nie, God is áltyd waardig om geprys te word. Selfs wanneer ons gebede nie beantwoord word of ons moeilike tye beleef, moet ons lof altyd teenwoordig wees.

Wanneer ons harte God se werke in ons lewens erken, word ons gevul met dankbaarheid en oorvloei ons met lof. Maak jy ‘n punt daarvan om vir God dankie te sê vir alles wat hy vir jou gedoen het, deur jou woorde te gebruik om Hom te loof en te aanbid?

Ons Hemelse Vader, dankie vir alles wat U in my lewe gedoen het. Ek loof U Here, want U is die Skepper van die Heelal en alles wat daarin is. Net U is waardig om geloof te word. In Jesus se naam, amen.

Day 27Day 29

About this Plan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More