Woorde Maak SaakSample
Lees: Spreuke 15:23, Spreuke 16:24, 2 Korintiërs 1:3-4, 1 Tessalonisense 5:11, Hebreërs 10:24-25
SOAP: 1 Tessalonisense 5:11
Een van ons sêgoed by Love God Greatly Afrikaans, is “Saam is dit makliker.” En ek glo dit regtig. Ons het mekaar nodig. Ons het die aanmoediging en ondersteuning van ander nodig. Dit is ‘n noodsaaklike deel van ons lewens.
Kinders wat geïsoleerd grootword, vind dit moeiliker om hulle gevoelens te hanteer, het ‘n baie lae selfbeeld en sukkel met angs en depressie. Wanneer ons fisies, emosioneel en geestelik van ander mense geskei word, verloor ons die vermoë om ‘n normale, gesonde verhouding met hulle te hê.
Die opdrag vir vandag is maklik: bemoedig mekaar en versterk mekaar (1 Tessalonisense 5:11). Die Christelike lewe is nie ontwerp om soos eilande geleef te word nie, maar as ‘n liefdevolle gemeenskap van mense wat daartoe verbind is om mekaar te help om te groei in die Here. Ons almal twyfel soms in onsself en beleef onsekerheid en moedeloosheid. Dit is ongelooflik wat ‘n bietjie aanmoediging kan doen.
Een vriendelike woord, een glimlag en een drukkie op die regte tyd kan lewens-veranderend wees. ‘n Gepaste vers, ‘n vinnige gebed, of ‘n diep gesprek kan help om iemand te bemoedig wat seer het. Ons word geroep om ons woorde te gebruik om ander aan te spoor tot liefde en goeie dade. Hoe gebruik jy jou woorde om ander te bemoedig? Wat kan jy begin doen om ander te help en te versterk?
Hemelse Vader, ek wil ‘n bemoediger wees. Ek wil iemand wees wat betrokke is in ander mense se lewens om hulle te help om te groei en om hulle te versterk. Help my asseblief om ‘n seën te wees vir diegene rondom my. In Jesus se naam, amen.
About this Plan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More