YouVersion Logo
Search Icon

Woorde Maak SaakSample

Woorde Maak Saak

DAY 10 OF 29

Lees: Spreuke 15:4, Efesiërs 4:29-32, 1 Johannes 3:20

SOAP: Efesiërs 4:29

Besef julle dat ons nie sou waag om sommige van die dinge wat ons vir onsself sê, vir iemand anders te sê nie? Die meeste van ons is ons eie ergste kritici. In plaas daarvan dat ons woorde van bemoediging en bekragtiging teenoor onsself spreek, fluister ons diep in ons hart woorde waarmee ons onsself afbreek. Wanneer ons so met onsself praat, word ons gees geknak en ons kragte kwyn.  

Ons moet onsself begin opbou. En ons sal dit nie kan doen solank ons met bitterheid, woede of swartsmeerdery met onsself praat nie. Ons moet die gewoonte ontwikkel om goed vir onsself te wees. 

Sê sagte, vriendelike woorde vir jouself. Onthou aan wie jy behoort en die dinge wat ons Vader omtrent sy kinders sê. Gebruik daardie woorde om jouself op te bou en groei as ‘n vrymoedige, wonderlike vrou van God. 

Dierbare Here, U het my op ‘n spesiale manier geskape. U het my wonderlik geskape. Help my asseblief om dit te onthou en myself goed te behandel. In Jesus se naam, amen.

Day 9Day 11

About this Plan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More