Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!Sample
"Ons het almal 'n Redder nodig"
Toe God Adam en Eva geskape het, het Hy hulle sonder sonde en in volmaakte verhouding met Hom gemaak. Toe hulle God se bevel in Genesis 3 verontagsaam, het hulle sonde in hul lewens ingebring en ook vir die hele mensdom.
Romeine 3:23 beskryf die verreikende impak van Adam en Eva se besluit. "... want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God."
Niemand is vrygestel van die sonde en die gevolg daarvan nie; elkeen van ons is skuldig. As gevolg daarvan word ons almal van God geskei. Ons sonde lei ook tot 'n ewige nagevolg.
"Want die loon van die sonde is die dood." Romeine 6: 23a
As gevolg van Adam en Eva se besluit om God te verloën, het die dood vir hulle en hul nageslag (die mensdom) onontkombaar geword; fisies sowel as geestelik. Na hulle mislukking was God gekonfronteer met 'n besluit: om die sonde toe te laat om sy gang met die mensdom te gaan, wat sou lei tot die uitwissing van die mensdom of om 'n manier te bied om die mensdom van die sonde te red. Gelukkig het God 'n manier van verlossing deur Sy Seun voorsien: die uiterlike vertoon van Sy liefde en genade.
"Want God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê." Johannes 3:16
"... die gawe van God is die Ewige Lewe deur Jesus Christus ons Here." Romeine 6: 23b
Afgesien van Jesus Christus, is die mensdom bestem vir die fisiese sowel as die geestelike dood; daar is geen uitsonderings nie. Vir dié van ons wat in Christus is, wag die fisiese dood nog steeds, maar nie die geestelike dood (die hel) nie. Die Ewige Lewe in die Hemel wag vir ons nadat ons hierdie aarde verlaat het. Deur die volmaakte offer van Jesus Christus en Sy opstanding uit die dood, ontsnap ons die geestelike straf van die sonde!
Scripture
About this Plan
Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.
More