Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe!Sample

"Moet God jou in die hemel toelaat?"
Verbeel jou net vir 'n oomblik dat jou tyd op aarde onverwags tot 'n einde gekom het. Met verwondering bevind jy jouself voor jou Skepper. Jou verwardheid en verwondering verander na verwagting en opgewondenheid om jou ewige tuiste te sien, maar jy word gestop voor jy kan ingaan. God vra hierdie diepgaande vraag: "Hoekom moet Ek jou in die hemel toelaat?"
Hoe sal jy reageer?
Gelukkig sal God ons nie vra om eers 'n toets te slaag voor ons ingaan as daardie wonderlike dag vir ons aanbreek nie. Tog word 'n belangrike, diepdenkende prentjie geskilder wat bedoel is om ons te help om ons redding beter te verstaan.
Party mense sal God se vraag beantwoord deur te verwys na al die goeie dinge wat hulle gedoen het. Ander sal verduidelik hoe getrou hulle kerk toe gegaan het, en nog 'n groep sal 'n lysie maak van al die verkeerde dinge wat hulle in hul lewe vermy het. Hierdie dinge is almal belangrike aspekte van 'n Christen se lewe, maar dit is geen waarborg vir redding nie. Daar is net een regte antwoord op hierdie vraag:
"Ek het Jesus Christus die Here van my lewe gemaak en Hy het al my sonde weggeneem."
Scripture
About this Plan

Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.
More
Related Plans

Christ Over Everything - Colossians

Change My Mind - Standing With Jesus in a Confusing World

Renewing Your Heart for Ministry

Essential and Unshakable

5-Day Devotional for Moms: Grace in Your Gaps

Finding Strength in Stillness

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity

I'm Just a Guy: Who's Angry

Testimonies of Christian Professionals
