YouVersion Logo
Search Icon

Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynSample

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

DAY 3 OF 40

’n BELOFTE

“Dis wat ek wil hê jy moet doen: Vind 'n stil, afgesonderde plek, sodat jy nie in die versoeking sal kom om toneel te speel voor God nie. Wees net daar, so eenvoudig en eerlik as moontlik.  Die fokus sal van jou na God toe skuif en jy sal sy genade begin aanvoel.”  – Matteus 6:6

Gaan sit in jou sel en jou sel sal jou alles leer. – Abba Moses

Die woestynvader Moses was baie ambisieus deur te sê: “... alles wat jy nodig het om te leer sal jy in stilte en afsondering leer.” Dit is ’n groot bewuswording dat alles wat ons nodig het om regtig mee te kan lewe, reeds daar is vir ons en reeds binne-in ons is, maar ons kan nie toegang daartoe verkry as ons nie eers leer om stil te sit nie. Ons sal in die stilte geleer word. Een van die vroegste woestynbeelde wat gebruik is om die effek van stilte te verduidelik, is dié van ’n poel water waarin die water eers moet stil word en die modder afsak, voordat mens diep daarin kan sien. Is dit nie so dat die water van ons bewussyn dikwels troebel en ook vol modder is, as gevolg van die gejaagdheid en die vinnige pas nie? Dit is eers wanneer ons gaan stilsit en wag dat die water stil raak en die modder afgesak het, dat ons diep in ons lewe kan inkyk. Dan word alles vir ons duidelik.

Jesus het gesê dat wanneer ons gaan sit, ons fokus sal verskuif en dat ons bewus sal word van sy genade. Dit is ook wat met Jesus gebeur het toe Hy in die woestyn ingegaan het. Hy het ’n stem gehoor wat vir Hom gesê het: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.” (Matteus 3:17) Dit is wanneer ons onsself afsluit van die stemme van buite-af, dat ons hierdie stem in ons binneste kan hoor wat vir ons sê ons is sy geliefde kind: “... Die Gees oortuig ons diep in ons binneste dat ons regtig God se kinders is.” (Romeine 8:16 DB). Jy hét sy goedkeuring. Jy geniet sy genade. Dit is slegs met hierdie wete dat ons die woestyn kan betree.

GEDAGTE VIR DIE DAG

Jy hét sy goedkeuring, jy geniet sy genade.

VIR NADENKE

Wat word weerspieël op die water, wanneer jy dieper in die stilte insak?

Ervaar jy dat Hy jou sy geliefde noem?

Is dit dalk moeilik vir jou om te aanvaar dat jy reeds sy genade en goedkeuring het?

Praat eerlik met God hieroor en vertel Hom hoe jy voel.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn

Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.

More