Lydenstyd Reis - Water in Die WoestynSample
![Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1426%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
SELFONDERSOEK
“. . . alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is . . . bedink dit.” – Filippense 4:8
Bewaar jou hart en moet geen gedagtes toelaat sonder om dit te bevraagteken nie.
Bevraagteken elkeen van jou gedagtes individueel en sê vir hulle: "Is jy een van ons of een van die vyand?" As dit deel van jou is, sal dit jou met vrede vul, maar as dit van die vyand afkomstig is, sal dit jou deur middel van woede verwar en 'n begeerte in jou wakker maak. – Evagrius
Evagrius illustreer hier vir ons hoe ons met ons gedagtes te werk te gaan. Hy gebruik en sinspeel op die gelykenisse van die Here Jesus wat sê dat ons by die deur van ons huis moet staan en dat die huis bewaak moet word. Hy moedig ons aan om ’n waarnemer te word van dit wat in ons binneste aan die gang is. Een van die eerste groot stappe is om net bewus te word van dit wat ons dink, en nie jouself te vereenselwig met jou gedagtes nie, d.w.s. nie te dink jy is jou gedagtes nie. Ons word uitgenooi om net eers te kyk na wat ons dink en daarna in gesprek te gaan met hierdie gedagtes. Hierdie gedagtes kan die huis wil oorneem; die hele huis kan versteur word deur die vyand van aggressie, jaloesie en wellus. As hulle eers toegelaat word om in die huis te kom bly, verlaat hulle die huis baie moeilik. Dikwels verlaat hulle die huis nie op hulle eie nie en is hulp nodig. Evagrius moedig ons aan om net dié besoekers toe te laat wat vrede bring. Dit is goeie besoekers wat van God af kom wat geskenke vir ons aandra, daarom moet ons ons gedagtes ondersoek en uitvind wat die invloed daarvan op ons lewens is as ons dit toelaat.
“Sit in jou sel en oordink jou gedagtes” – Evagrius
GEDAGTE VIR DIE DAG
“. . . ons moet haastig wees om by ons sel uit te kom, omdat ons bang is dat ons ons innerlike waaksaamheid sal verloor as ons te lank buite vertoef." – Abba Antonie
VIR NADENKE
Vra God om sy lig op jou gedagtes van vandag te skyn. Vra Hom om jou te help om spesifieke gedagtes wat aan jou uitgelig word te bevraagteken. Laat hierdie gedagtes jou nader of verder van God af voel? Wat dink jy probeer God aan jou kommunikeer deur hierdie gedagtes? Praat eerlik met Hom hieroor.
Scripture
About this Plan
![Lydenstyd Reis - Water in Die Woestyn](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1426%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan sal jou op 'n geestelike reis begelei tydens die 40 dae van die Lydenstyd. Ons volg Jesus die woestyn in. Die woestyn is ’n plek van voorbereiding, beproewing, afsondering, stilte, uitdaging, herskepping, ontdekking en ontmoeting (met jouself en met God). Ons reis oor hierdie 40-dae Lydenstyd met die wysheid van die vroeë Christene wat welbekend was met die woestynlewe.
More
Related Plans
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54711%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Growth 360 Blueprint for Moms: Reflect, Refocus, and Activate Your Life for God’s Purpose
![Finding Wisdom in Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55462%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Finding Wisdom in Proverbs
![Cast Your Care](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55459%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Cast Your Care
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![IHCC Daily Bible Reading Plan - June](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
IHCC Daily Bible Reading Plan - June
![TheLionWithin.Us: The Triple Crown of Spiritual Growth](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54628%2F320x180.jpg&w=640&q=75)