Vrede wat alle verstand te bowe gaanSample

MAAK JESUS JOU EERSTE PRIORITEIT
Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal ‘n mens kan gee in ruil vir sy lewe? Markus 8:36-37
Penny Heyns is ‘n vriendin van my. Ek beskou haar as ‘n dogter in die geloof. Dit is vir my ‘n groot voorreg om te kan sê dat sy besef het Jesus Christus is baie belangriker as al die goue medaljes, al die erebaadjies en al die toekennings wat sy al vir haar sport ontvang het. Mense is so wispelturig. Wanneer jy ‘n kampioen is, wil almal jou ken. Die dag wanneer jy nie die kampioenskap wen nie, die dag dat jy tweede of selfs laaste kom, wil niemand jou meer ken nie. Dit is die tragedie van die lewe. Daar is net een Persoon wat tot in ewigheid dieselfde sal wees en sy naam is Jesus Christus, die Seun van God. Maak Hom jou eerste prioriteit in die lewe.
Dalk is sommige van julle wat hierdie leesplan lees baie bekommerd. Dalk is jy bekommerd oor jou bankbalans, oor jou beleggings, oor jou besittings, oor jou prestasies in die lewe. Onthou dan die woorde van Markus 8:36: “Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?” Die Here Jesus Christus is belangriker as enigiets of enigiemand in die wêreld.
As jy vergenoegd wil wees kry jou prioriteite vandag nog reg. Leef ‘n lewe van geloof. Jesus sal jou seën met die vrug van die Heilige Gees in jou lewe en bowenal met sy liefde, vrede en vergenoegdheid.
Here Jesus, ek bely dat ek bekommerd is oor wêreldse dinge. Ek kies vandag opnuut om my oë op U te vestig sodat ek liefde, vrede en vergenoegdheid in my lewe sal ken. Amen
Scripture
About this Plan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by God se voete te laat. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Related Plans

The New Loneliness: Nurturing Connection When You Feel Isolated

How to Be Unstoppable for God

Sent to Shepherd: Leading in Church Planting

Do Whatever He Says: A Powerful Revelation of John 2

Connect With God Through Meditation | 7 Day Devotional

Affirmations for Kingdom Writers

Ordinary Mystics: From Disciples of the Internet to Experiencing Jesus. Really. By John Eldredge

Fast 40: Practicing the Ancient Spiritual Discipline of Lent

Boundless Love. Jesus Offers Himself for the World.
