YouVersion Logo
Search Icon

Vrede wat alle verstand te bowe gaanSample

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

DAY 1 OF 7

VREDE IN SWAARKRYTYE

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.  Johannes 14:27  

Dit is baie maklik om “Halleluja!” uit te roep wanneer alles in ons lewe vlot verloop. Dit is maklik om ‘n Christen te wees wanneer jou bankrekening vol geld is. Dit is maklik om te glo wanneer jou familie gesond is. Om ‘n Christen te wees wanneer alles in jou lewe skeefloop, wanneer beproewings en siekte jou oorweldig, is nie maklik nie. Jou geloof in die Here word getoets. Juis dan het jy die geleentheid om vir die wêreld die ware kleur van jou geloof te wys. Jy kry die kans om jou getuienis te leef. Wanneer alles skeefloop, wanneer dit vuurwarm word en dit lyk of jy alles verloor, juis dan kan jy vir Jesus Christus vra om jou met sy vrede te vul en jou te lei. 

Jesus het belowe om vir ons sy vrede te gee sodat ons nie ontsteld of bang sal wees nie. Hy het gesê: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle.” Eien hierdie belofte vandag vir jou toe. Kan jy voel hoe sy vrede jou vul? Bid dat die Vredevors vandag jou deel sal wees, want sy vrede gaan alle verstand te bowe.  

Hy sal dit vir jou gee in tye van blydskap en vreugde, maar ook in tye van swaarkry. 

Here Jesus, ek kies om my oë op U, die Vredevors, gerig te hou. Ek soek u vrede, Here sodat ek nie bang of ontsteld sal wees nie. Dankie vir u belofte om my met u vrede te vervul. Amen 

Day 2

About this Plan

Vrede wat alle verstand te bowe gaan

Het jy vandag vrede in jou hart? Of is jy bekommerd oor situasies in jou lewe? In hierdie 7- dag-leesplan sal Angus Buchan jou wys hoe jy gevul kan word met God se genade en vrede en hoe om al hierdie bekommernisse by God se voete te laat. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

More