Liefde sonder vooroordeelSample

Lees: Jona 3:9-10
SOAP: Jona 3:10
Weet jy waar die woord "medelye" vandaan kom? Jy mag dit dalk nie so interessant vind soos ek nie (ek is 'n taalkundige), maar aangesien ons oor genade en medelye praat, wees asseblief genadig en hoor my verduideliking.
Medelye is 'n Latynse woord wat deur twee woorde gevorm word: 'con-' 'n voorvoegsel wat "met" beteken en "passie" wat van die woord "pateo" afstam, wat beteken "ly." Hierdie twee woorde beteken letterlik “om saam met iemand te ly.” 'n Ander woord wat dieselfde beteken, is "simpatie." Die enigste verskil is die gebruik van die Griekse voorvoegsel "syn-" wat ook "met" beteken in stede van die Latynse "con-." Is jy nog met my?
Dus, suiwer gebaseer op die betekenis van die woorde, is die enigste manier om deernis of medelye met iemand te hê, om saam met daardie persoon te ly - hetsy letterlik of figuurlik.
Om die oorsprong van die woord te ken, help my om beter te verstaan waarom God se deernis nooit eindig nie, waarom Hy dit uitbrei in elke geleentheid en situasie. En dit is omdat Hy presies weet en verstaan waardeur ons gaan.
Hebreërs 4:15 sê: "Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie." Vir die Grieke was die primêre kenmerk van God "apatheia," die noodsaaklike onvermoë om enigiets te voel. Jesus is nie so nie. Hy weet, en Hy voel waardeur ons gaan.
Gaan hierdie gedagte nie jou verstand te bowe nie? Besef jy dat Jesus nie net by jou is wanneer jy ly nie, maar dat Hy volkome verstaan wat jy voel - jou twyfel, jou stryd, jou pyn?
Abba Vader, ek dank U dat U 'n God van medelye is, 'n God wat my pyn verstaan en met my deur die moeilikste dale loop. Ek loof U en prys u Naam. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Related Plans

The Fear of the Lord

No Pressure

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

Retirement: Top 5 Challenges in the First Years

Genesis | Reading Plan + Study Questions

Experiencing Blessing in Transition

Disciple: Live the Life God Has You Called To

Giant, It's Time for You to Come Down!

The Wonder of Grace | Devotional for Adults
