1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

Lees: 2 Tessalonisense 3:16-18
SOAP: 2 Tessalonisense 3: 16
Paulus daag die gelowiges in Tessalonika uit om nie moeg te word om goed te doen nie. As susters in Christus word ons geroep om mekaar aanspreeklik te hou. Ons moet nie wegkyk wanneer iemand in sonde verval nie, maar ons moet hulle liefdevol wys na die waarheid en hulle uitnooi om hulle sondes te bely en terug te draai na gehoorsaamheid.
Om in gehoorsaamheid te wandel kan dalk van jou vereis om teen die gety van afsydigheid te swem. Help jou huidige intieme verhoudings jou om nader aan Christus te groei, of dryf jy al hoe verder weg daarvan om jou Verlosser getrou te volg? Evalueer die verhoudinge wat jy tans kweek en kies om weg te draai van konstante omgang met individue wat nie jou geloof aanvuur nie. As jy 'n vriend het wie se geloof besig is om af te koel, bid daaroor om binnekort met hulle 'n gesprek te hê.
Vader, ek wil U met my hele hart volg. Help my om met wysheid my naaste vriende te kies. Mag my lewe altyd ander aanmoedig om U te volg. Amen
Scripture
About this Plan

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.
More
Related Plans

For New Followers of Jesus - 30 Bible Studies

See God’s Peace: 3 Days of Visio Divina

Stronger Together: Pursuing Your True North With Others

Overcoming Suffering

Finding Our Worth in the Real Thing

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)

From Waiting to the Immediate

The Marriage Lounge Devotional

Seeing the World With God’s Eyes
