YouVersion Logo
Search Icon

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekomsSample

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

DAY 38 OF 41

Lees: 2 Tessalonisense 3:10-12

SOAP: 2 Tessalonisense 3:10

Paulus spreek die persone in die kerk aan wat hulle monde as wapens gebruik, eerder as om te werk om die liggaam op te bou. Ons moet aanhou om die roeping wat God op ons lewens geplaas het om die Evangelie te deel, aan te gryp, eerder as om kies om gehoor te gee aan ledige mense wat skinder. Paulus daag die gelowiges in Tessalonika uit om nie energie te mors om mense wat verskonings maak en selfsugtige, lui mense te help nie.

Here, help my om in my baan te bly en te dien sonder om afgelei te word deur mense wat kla en deur onstabiele mense. Ek wil op 'n wyse manier belê in gesonde verhoudings en ek wil nie moeg word wanneer 'n ongehoorsame klaer in my pad staan nie. Gee my u genade en onderskeidingsvermoë wanneer ek interaksie het met moeilike mense. Amen 

Day 37Day 39

About this Plan

1 & 2 Tessalonisense - Hoop vir 'n beter toekoms

Ons ontmoet 'n jong gemeente wat deur baie moeilike storms gaan. Hulle lewens word bedreig deur erge vervolging, en hulle klou vas aan die belofte dat Jesus weer sal kom. Dis meer as net 'n hoopvolle wens; dit is 'n belofte van die enigste Beloftehouer aan Sy geliefde kinders... Hy kom terug. Hulle moes leer om met hierdie hoop in die hede te leef... en net so moet ons ook.

More