Krag Vir Elke Dag Exemplo
Hy het flentermense lief!
Voel jy soms of jy moeg word omdat die wêreld op soveel maniere volmaaktheid van jou verwag? Die waarheid is dat niemand perfek is nie! Soos die titel van John Ortberg se boek sê: Everybody’s normal till you get to know them.
Ook die feit dat ons kinders van die Here is, beteken allermins dat ons sondeloos is. Inteendeel! God het mos juis sy Seun gestuur om ons van onsself te red en elke dag te help om in hierdie gebrokenheid as sy verloste, begenadigde sondaarkinders te leef. Johannes 1 vertel vir ons dat ons maar kan aanvaar dat ons almal stukkend is en met teenstrydighede, mislukkings en foute leef en dit vir Hom kan vertel.
Geloofsgroei is om jou eie onvolmaaktheid te besef en dan in eerlikheid teenoor God daarmee te leef. Wanneer dít gebeur, kan Hy ons in ons gebrokenheid toevou, help en met sy lig na vrede lei.
Here, dankie dat U my, flentermens, so liefhet!
As Escrituras
Sobre este Plano
Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.
More