YouVersion လိုဂို
ရှာရန် အိုင်ကွန်

Vroue Van Die Bybelနမူနာ

Vroue Van Die Bybel

7 ၏ နေ့ 5

DIE DEUGSAME VROU: Lewenslesse uit Spreuke 31


Hoewel die Skrif geen aanduiding gee oor wie die “deugsame vrou” van Spreuke 31 (soos sy in die 1953-vertaling genoem word) is nie, is dit onmoontlik om die vroue van die Bybel deeglik te bestudeer sonder om te kyk na die waarhede wat hier opgeteken is. Die uitdrukking “’n deugsame vrou” word die eerste keer gebruik in Boas se beskrywing van Rut se reputasie (Rut 3:11, 1953-vertaling). Dit kom weer voor in Spreuke (12:4, 1953-vertaling) waar ons lees: “’n Deugsame vrou is die kroon van haar man.”

Wanneer het jy die eerste keer kennis gemaak met hierdie vrou van Spreuke 31? Hoe het jy gevoel? Was jy oorweldig deur alles wat sy doen, kwaad omdat jy gedink het God verwag dit alles van jou, vasbeslote dat jy hierdie vrou vir God gaan wees?

Hierdie lys karaktereienskappe laat party vroue skuldig voel, want dit beskryf ’n denkbeeldige “volmaakte vrou” op ’n vlak wat geen vrou ooit kan hoop om te bereik nie. Dit herinner hulle voortdurend aan wat hulle nié is nie. Vir ander word dit ’n bron van trots aangesien hulle fokus op die dóén van Spreuke 31, maar hulle mis die wéés waarheen dit uiteindelik wys.

As hierdie “volmaakte” vrou jou terneergedruk maak, skep moed. Ek het goeie nuus vir jou. Sy is die ideale vrou. Sy is nie die maatstaf waaraan alle vroue gemeet word nie, maar die doelwit waarheen alle vroue behoort te beweeg. Sy is die ideale vrou, die voorbeeld wat God wil hê alle vroue moet nastreef in hulle navolging van Hom.

Begryp jy dit? Dis Gód wat die transformasie bewerk. Hy wat die goeie werk in jou begin het, sal dit enduit voer tot op die dag wanneer Jesus Christus kom (Fil. 1:6). Om te sien wat jy kan word – deur sy genade en werking – behoort ʼn katalisator te wees, nie ’n veroordeling nie. 

Belangrikste van alles, dis die vrou wat die Here vrees wat geprys sal word. Geen vrou sal ooit word soos die vrou in Spreuke 31 sonder dat God in haar lewe werksaam is nie. Een van die belangrikste instrumente wat Hy gebruik om dit te doen is sy Woord. Maak seker dat jy tyd inruim om God se Woord te bestudeer. 


Spreuke 31:30 herinner ons aan die belangrikste verhouding in die deugsame vrou se lewe. Skryf hierdie vers in jou eie woorde oor.

ကျမ်းစာများ

နေ့ 4နေ့ 6

ဤအစီအစဉ်အကြောင်း

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte van hul tekortkominge en mislukkings. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd.

More