YouVersion လိုဂို
ရှာရန် အိုင်ကွန်

Vroue Van Die Bybelနမူနာ

Vroue Van Die Bybel

7 ၏ နေ့ 4

ESTER: Bruikbaar vir God waar Hy ons ook al plaas


Die boek Ester is een van die kragtigste dramas van die Ou Testament. Hierin sien ons ’n jong vrou van nederige afkoms wat vorder tot ’n hoë posisie. Ons sien getrouheid, swaarkry, verraad, intrige, desperaatheid, rampspoed, wonderbaarlike redding, en die heel belangrikste, die hand van God. Hoewel Hy in die hele boek nooit by name genoem word nie, is Jehova teenwoordig in elke toneel en langs elke rolspeler.

Die meeste van ons sal nooit so ’n verreikende invloed hê soos hierdie pragtige weesdogter nie. Maar as ons die soewereine hand van God ken, kan elkeen van ons vir seker weet dat waar Hy ons ook al geplaas het, ons bedoel is vir “’n tyd soos hierdie” (Est. 4:14). Ester se karakter is gevorm in die smeltkroes van teëspoed, en tog het dit, nadat dit ten volle ontwikkel het, geskitter soos suiwer goud. In plaas daarvan om ’n seën te wees, het haar skoonheid bygedra tot haar swaarkry, want as gevolg van haar skoonheid is sy gekies om deur ’n koning gebruik te word vir sy eie genot. Tog het haar benarde posisie ’n beginpunt vir bediening en ’n plek van bevryding vir haar volk geword omdat sy op God vertrou het. Deur haar voorbeeld kan ons die hand van voorsienigheid vertrou deur praktiese lesse te leer oor hoe God ons kan gebruik waar Hy ons ook al plaas, maak nie saak hoe moeilik die omstandighede is nie. In haar verhaal sien ons: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie” (Rom. 10:11).

Een van die belangrikste toepassings wat ons uit die boek Ester kan leer, is dat een persoon wat in God se voorsienigheid lewe, werklik ’n verskil kan maak. Jy glo dit dalk nie en dink dalk dat jy onbelangrik is vir God se plan. Jy dink dalk om soos Ester gebruik te word is gereserveer óf vir daardie seldsame heiliges met ’n geloof sterker as joune, óf dat dit net lukraak gebeur. God is gedurig op soek na mense wat Hom heelhartig vertrou sodat Hy hulle kan help. Dink ’n oomblik hieroor na.


Waar het God jou geplaas? Skryf neer waar God jou spesifiek geplaas het op elk van die gebiede wat genoem word. (1) In jou huis (2) By die werk (3) In jou gemeente (4) In jou land.

ကျမ်းစာများ

နေ့ 3နေ့ 5

ဤအစီအစဉ်အကြောင်း

Vroue Van Die Bybel

Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte van hul tekortkominge en mislukkings. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd.

More