Genesis 5
5
Van Adam tot Noag
1 Hier volg 'n lys met die familiegeskiedenis van Adam: Die dag toe God Adam geskep het, het Hy hom as afbeelding van God gemaak. 2 Manlik en vroulik het Hy hulle geskep. Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem, die dag toe Hy hulle geskep het.
3 Toe Adam 130 jaar oud was, het hy 'n seun verwek wat 'n afbeelding, 'n beeld van hom was. Hy het hom Set genoem.
4Die lewensdae van Adam was ná Set se geboorte nog 800 jaar, en hy het seuns en dogters verwek.
5 Adam het altesaam 930 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
6 Toe Set 105 jaar oud was, het hy Enos verwek.
7Nadat hy Enos verwek het, het Set nog 807 jaar lank geleef; en hy het seuns en dogters verwek.
8Set het altesaam 912 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
9Toe Enos 90 jaar oud was, het hy Kenan verwek.
10Nadat hy Kenan verwek het, het Enos nog 815 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
11Enos het altesaam 905 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
12Toe Kenan 70 jaar oud was, het hy Mahalalel verwek.
13Nadat hy Mahalalel verwek het, het Kenan nog 840 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
14Kenan het altesaam 910 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
15Toe Mahalalel 65 jaar oud was, het hy Jered verwek.
16Nadat hy Jered verwek het, het Mahalalel nog 830 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
17Mahalalel het altesaam 895 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
18 Toe Jered 162 jaar oud was, het hy Henog verwek.
19Nadat hy Henog verwek het, het Jered nog 800 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
20Jered het altesaam 962 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
21Toe Henog 65 jaar oud was, het hy Metusalag verwek.
22Nadat hy Metusalag verwek het, het Henog driehonderd jaar lank naby God geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
23Henog het altesaam 365 jaar lank geleef. 24 Henog het naby God geleef, en hy was nie meer daar nie, want God het hom weggeneem.
25Toe Metusalag 187 jaar oud was, het hy Lameg verwek.
26Nadat hy Lameg verwek het, het Metusalag nog 782 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
27Metusalag het altesaam 969 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
28Toe Lameg 182 jaar oud was, het hy 'n seun verwek.
29Hy het hom Noag genoem en gesê: “Hierdie een sal ons troos oor ons werk en die geswoeg met ons hande, oor die grond wat die Here vervloek het. ”
30Nadat Lameg Noag verwek het, het hy nog 595 jaar lank geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
31Lameg het altesaam 777 jaar lank geleef, en hy het gesterf.
32 Toe Noag 500 jaar oud was, het hy Sem, Gam en Jafet verwek.
Արդեն Ընտրված.
Genesis 5: AFR20
Ընդգծել
Կիսվել
Պատճենել
Ցանկանու՞մ եք պահպանել ձեր նշումները ձեր բոլոր սարքերում: Գրանցվեք կամ մուտք գործեք
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.