Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Muestra

Jy kan rus
Wat druk vandag swaar op jou? Is daar bekommernisse wat jou wakker hou in die nag? Iets wat jou gedagtes binnesluip wanneer jy Bybel lees of bid? Sukkel jy om hierdie dinge vir God te gee en dit by Hom te los? Dit is ’n moeilike ding om te doen, want jy moet geduldig op sy tydsberekening wag en dan moet jy sy antwoord vertrou omdat jy sy hart vertrou.
Die feit is dat God werklik omgee vir enige bekommernisse wat jou wakker hou in die nag. Hy wil álles wegneem wat inbreuk maak op jou Bybel- en gebedstyd. Geen bekommernis of probleem is te klein nie – Hy gee om! Niks is te onbenullig nie, want Hy gee om vir elke aspek van jou lewe. Jy is werklik kosbaar … vir Iemand wat iets kan dóén aan die dinge waaroor jy jou bekommer! Vertrou op sy liefde. Vertrou op sy hart.
God is volkome soewerein. Hy het oneindige wysheid. God is perfek in liefde. God wil in sy liefde altyd die beste vir ons hê. In sy wysheid weet Hy altyd wat die beste is en in sy soewereiniteit het Hy die krag om dit alles ’n werklikheid te maak. (Jerry Bridges)
Escritura
Acerca de este Plan

God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!
More
Planes relacionados
Cómete El Rollo (Junio-Agosto)

La Supremacía De Cristo

En La Misma Página

Fortalece Tu Fe

Experiencia De Amor

Una mujer sabia por Wendy Bello

¿Hay Esperanza Para Mi Matrimonio? Una Razón Perfecta Para Permanecer Juntos

Texto: Cuando Dios Habla, Todo Cambia

Discípulo De Cristo
