Die krag van die Heilige GeesEjemplo
![Die krag van die Heilige Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14264%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
BLY ALTYD VOL MOED
Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee. Daarom is ons altyd vol moed. Ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. 2 Korintiërs 5:5-7
Dit was ‘n pragtige, koel, reënerige dag. Ons moes die landerye ploeg en vir die saad voorberei. Ons moes volhard want die grond was modderig en taai, en die trekker het gesukkel omdat die modder vinnig om die ploeg gekoek het. Ons het vol moed gebly, want ons het geweet wat voorlê – ‘n oorvloedige oes.
Ons het geploeg en geplant, al was dit harde werk. Ons het volhard omdat ons werk die deposito was op die oes wat ons op die ou end sou ontvang, al kon ons dit nog nie sien nie. Ons het in geloof geploeg en geplant.
Bly jy vol moed in die lewe? Het jy die krag van die Heilige Gees nodig om deur jou beproewings te kom? Het jy die Gees nodig om jou te herinner aan wat vir jou wag? Jy het die Gees van God ontvang as ‘n deposito, ‘n waarborg, van wat vir jou wag – die ewige lewe. Vra die Gees en Hy sal vir jou die moed en die krag gee om jou wedloop hier op aarde te voltooi.
Die begin van hierdie wedloop is maklik. Dit is die volharding wat moeilik is. God het ons sy Gees gegee om ons te help om die wedloop enduit te hardloop sodat ons kan ontvang wat Hy vir ons in bewaring hou.
Gees van God, ek vra U vandag om vir my moed te gee sodat ek die wedloop kan voltooi. Dankie dat U die waarborg is van wat ek sal ontvang – die ewige lewe. Amen
Escrituras
Acerca de este Plan
![Die krag van die Heilige Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14264%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jesus het vir die dissipels gesê hulle moet in Jerusalem wag. Wag waarop? Om met die Heilige Gees gedoop te word, vir die Heilige Gees om oor hulle te kom en hulle te vul. Hierdie gawe van God is ook vir jou vandag beskikbaar. Leer meer oor die Heilige Gees in hierdie 7-dag-leesplan deur evangelis Angus Buchan uit sy dagboek AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Planes relacionados
![No Tendrás Dioses Ajenos](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54661%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
No Tendrás Dioses Ajenos
![En Medio De La Espera.](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54765%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
En Medio De La Espera.
![Semana De Oración Por La Unidad De Los Cristianos 2025](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54663%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Semana De Oración Por La Unidad De Los Cristianos 2025
![Decir No Al Pecado](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54580%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Decir No Al Pecado
![Operación A Corazón Abierto](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54763%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Operación A Corazón Abierto
![Iniciativa De Oración : Apocalipsis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54664%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Iniciativa De Oración : Apocalipsis
![Pedro: Un Apóstol Con Sus Prioridades Claramente Definidas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54767%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Pedro: Un Apóstol Con Sus Prioridades Claramente Definidas
![Viviendo en Libertad, Viviendo Lleno Del Espíritu Santo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54570%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Viviendo en Libertad, Viviendo Lleno Del Espíritu Santo
![Salmo 26: La Determinación De Vivir en Integridad](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54563%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Salmo 26: La Determinación De Vivir en Integridad
![Jesús: Un Modelo Comunicacional Digno De Imitar](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54762%2F320x180.jpg&w=640&q=75)