Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Psalms 82

82
U moet self die mense van die aarde oordeel
1'n Psalm. Van Asaf.
God het op sy troon gaan sit in die vergadering van die gode,
Hy, die Regter, het vir die gode gesê wat Hy besluit het.
2Hy het gesê:
“Hoe lank wil julle nog onregverdig oordeel
en sê die mense wat verkeerd doen, is nie verkeerd nie?
Sela
3Julle moet reg doen aan arm mense
en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie.
Julle moet sê wanneer iemand reg is,
ook iemand wat homself nie kan help nie,
of iemand wat niks het nie.
4Julle moet mense vrymaak wat arm is en niks het nie,
julle moet hulle red van mense wat verkeerd doen.
5“Maar julle weet niks, julle verstaan niks,
julle doen net slegte dinge, dinge van die donker,
en daarom word almal in die wêreld slegter.
6Ek het gesê julle is gode,
julle is almal engele van die Hoogste God.
7Maar nou sê Ek: Julle sal sterwe soos mense,
julle sal doodgaan soos die mense wat regeer.”
8O God, U moet self die mense van die aarde oordeel,
want al die volke behoort aan U.

Actualmente seleccionado:

Psalms 82: ABA

Destacar

Compartir

Copiar

None

¿Quieres guardar tus resaltados en todos tus dispositivos? Regístrate o Inicia sesión

YouVersion utiliza cookies para personalizar su experiencia. Al usar nuestro sitio web, acepta nuestro uso de cookies como se describe en nuestra Política de privacidad